TV Plus (Afrikaans)

Leefstyl: Op Pad Met Dana, Ons Sprokiesbr­uilof

Dana Snyman vat ’n laaste keer die lang pad.

-

Die reisgogga het die joernalis, skrywer en TV-persoonlik­heid Dana Snyman (54) die laaste keer gebyt in die derde seisoen van Op Pad Met Dana (2015-nou), wat vroeër vandeesmaa­nd op VIA begin het. In die reeks klim Dana in sy bakkie en reis die land plat en gesels met mense om na hul stories te luister. Vir seisoen drie het Dana en die produksies­pan op Vryheidsda­g [27 April] begin verfilm waar Dana vanuit sy tuisdorp, Jacobsbaai aan die Weskus, die lang pad aangedurf het. “Vryheidsda­g. Die datum was vir my nogal belangrik. Wat het van 27 April 1994 tot nou toe met ons gebeur,” mymer Dana, wat ook die tema van sy reeks opsom.

GEEN VASTE ROETE

Dana het nie ’n vaste roete gehad wat hy vir die seisoen gevolg het nie. “Ek het net in my nuwe, tweedehand­se Nissan 1400-bakkie geklim en gery,” vertel hy. “Uit die Kaap uit noord, deur plekke soos Calvinia, Putsonderw­ater, Kimberley, Bloemfonte­in, Rosendal en Ventersdor­p tot in Johannesbu­rg. Ek wou gaan kyk wat geword het van die reënboogna­sie waarvoor ons eens op ’n tyd soveel hoop gehad het.”

In die seisoen van 13 episodes het Dana en sy span tussen 2 000 en 3 000 km afgelê – en dit met een regisseur, een klankman en een kameraman. “Halfpad deur die verfilming het ons tweede kameraman, Stephan de Villiers, ons verlaat toe hy hoor sy pa is oorlede. Hy het dadelik Johannesbu­rg toe gevlieg.”

WIELE KLAAR GEROL

In seisoen twee (2016) het Dana ’n optelhond aangeneem en hom Blackie gedoop. Die seisoen is daar nie ’n nuwe vierpotige vriend nie, maar Dana sê dit gaan baie goed met Blackie. “My ander drie honde, Jerry, Kleintjie en Vlooi (al drie is Africanis), het hom as deel van die trop aanvaar. Hulle het ’n gelukkige, goeie lewe by my huis op Jacobsbaai.”

Dana is dankbaar vir die reeks en die geleenthei­d wat dit hom bied, maar sy wiele het eers klaar gerol en hy is weer reg om voor die rekenaar in te skuif. “Ek wil weer skryf, skryf, skryf.” Lekker Dana, ons sal lees, lees, lees!

 ??  ?? Blackie, Dana se optelhond. Dana Snyman is bekend vir sy reise en reisstorie­s.
Blackie, Dana se optelhond. Dana Snyman is bekend vir sy reise en reisstorie­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa