TV Plus (Afrikaans)

Komedie: Phil 101

Modieuse Martie is ’n rol wat Mari Molefe van Heerden soos ’n handskoen pas.

-

Die chaos in die filosofie departemen­t van die fiktiewe Sentrale Universite­it van Suid-Afrika in die komedieree­ks Phil 101 (2017-nou) kom nie tot ’n einde nie. Maar die spul eksentriek­e karakters gee aanleiding tot skreeusnaa­kse komedie, en in die middel van dit alles kwyt die studenteas­sistent Martie van der Walt (Mari Molefe van Heerden) haarself goed van haar taak.

Mari (31) sê Phil 101 was ’n klein warrelwind in haar lewe – “vol opwinding en duisende komieklike oomblikke”. Hierdie rol is bo-aan haar lys van gunsteling-TV-reekse waaraan sy tot dusver gewerk het.

Hoe was dit om op die stel van Phil 101 te

werk? Dit was ’n projek wat my so baie laat lag het, en in ’n oogwink was die produksie verby. Toe kry ek onttrekkin­gsimptome. Wat maak jou karakter, Martie, besonders?

Behalwe dat sy die “kwota” van die span is, is sy onskuldig en die normaalste karakter van almal. Martie trek baie funky aan. Hoe verskil jou styl van hare?

kleure en klere. Martie’n Styl hou gepasvan superbontv­ir ’n jong student.tiewe styl. Ek Hoë hou hakke,meer van’n stywe’n korpora-A-lyn rompiesoor­t klere.en ’n bruin leerbaadji­e is my Met wie stamp Martie die meeste koppe? Sy kom met die meeste mense oor die weg, maar Roelf [Philippus Boshoff] – die student en jonger broer van die departemen­tshoof Phil [Bennie Fourie] – is vir haar ’n effense irritasie. Martie dink hy’s kinderagti­g, soms simpel en fokus net op meisies en nie op sy werk nie. Jy was onlangs in ’n klein rol in die sepie 7de Laan (2000-nou). Is daar ’n moontlikhe­id dat jy in die toekoms gaan terugkeer? My karakter, die Oppiekoffi­e-kelnerin Tumi, het die Laan verlaat om vir haar siek broer te gaan sorg, so sy kan enige tyd terugkeer. Maar daar is tans geen sprake daarvan nie. Jy en die aktrise Reine Swart is groot vriendinne. Sien julle mekaar nog sedert jul dae saam op die stel van die sepie Villa Rosa (2004-2016)? Ek en Reine (Nadine in Villa) is boesemvrie­ndinne van ons Villa-dae af. Ons het’ n TV-produksiem­aatskappy, T win Heart Produksies, saam begin, asook die Klein kaap-kortfliek filmfees. Ons is vreeslik opgewonde oor die tweede fees wat vanjaar in die laaste naweek van Julie plaasvind. Dis oop vir almal wat van flieks en kos hou. Is daar iemand spesiaal in jou lewe? Ongelukkig nie. Ek wil graag weet waar kruip al die mooi mans weg!

Watter droom wil jy nog verwesenli­k? Ek wou nog altyd die Afrikaanse Oprah Winfrey wees. Nie net om vir almal geskenke te gee nie, maar om met mense te gesels en hulle hul stories te laat vertel. ’n Mens hoef nie net flieks te maak om stories te vertel nie. Uit die perd se bek het meer impak, en dit is waar ’n mens egtheid vind. Het jy enige ander stokperdji­es of belangstel­lings? Ek’ s’ n groot blokkiesra­aiselen skaak liefhebber, e nek leer myself klavier speel.

 ??  ?? Martie het nie ooghare vir Roelf (bo) nie. Mari Molefe van Heerden geniet dit om ’n komiese karakter te speel.
Martie het nie ooghare vir Roelf (bo) nie. Mari Molefe van Heerden geniet dit om ’n komiese karakter te speel.
 ??  ?? Mari en die aktrise Reine Malan (regs) is boesemvrie­ndinne.
Mari en die aktrise Reine Malan (regs) is boesemvrie­ndinne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa