TV Plus (Afrikaans)

Hier volg die nuus

-

Die ikoniese kinderreek­s Wallace & Gromit (1990nou) het die oorklankin­gskunstena­ar Peter Sallis in Junie gegroet toe hy in die ouderdom van 96 oorlede is. Hy het sy stem geleen aan die honde-eienaar Wallace vanaf 1990 totdat hy in 2010 afgetree het, en voordat Peter in al 295 episodes van die Britse sitkom Last Of The Summer Wine (1973-2010) verskyn het. Die sepie Days Of Our Lives (1965nou, sien bl. 27) sal verheug wees om te hoor Will Horton (Chandler Massey) gaan opgewek word. Maar hy’s dan dood? Will is in 2015 verwurg toe Chandler nie sy kontrak hernu het nie, en die vervaardig­ers het besef om nie die rol te behou nie was ’n slegte idee. Daar’s nog geen nuus oor hoe Will sal terugkeer nie, maar hy het ’n foto van ’n Days-koffiebeke­r op sy Instagram-sosialemed­iarekening (@therealmas­sey) geplaas met die byskrif “Ek’s terug.” SA kykers behoort hom in 2020 te sien, want ons is drie jaar agter Amerika. Sam Esmail, die skepper van die riller-dramareeks Mr. Robot (2015-nou), het sy nuwe TVprojek bekendgema­ak: Homecoming. Dis gegrond op ’n fiktiewe potgooi oor geheime regeringsa­gente wat spioenasie­werk wil los en net weer gewone burgers wil wees. Sam sou graag die fliekster Julia Roberts as sy hoofspeler wou hê, maar hy moet opskud, want Julia is deel van die golf flieksterr­e wat op TV werk. Sy gaan in die komedieree­ks Today Will Be Different speel, wat gebaseer is op Maria Temple se 2016-roman met dieselfde titel. Die uitsaaidat­un is nog onbekend. Ons het nie gespot nie toe ons vir julle in die tvplus-uitgawe van 7 Junie vertel het die sepiewêrel­d is soos ’n stoeldanss­peletjie. Linsey Godfrey (Caroline Spencer in Bold & Beautiful, 1987-nou; sien bl. 26) het by die reeks bedank, maar twee weke later het sy ’n U- draai gemaak. Die aktrise het hierdie foto op haar Instagramr­ekening (@ohmygodfre­y) geplaas – dis sy op die Bold-stel. Omdat die sepie supergehei­msinnig is oor sy storielyne sal dit ’n maand wees voordat ons weet hoe hulle Caroline terugbring, en effens langer totdat ons haar weer op die kassie in SA sien – ons is so 15 maande agter die VSA-uitsending­s. Die Archiestro­kiesgeïnsp­ireerde drama Riverdale (2017nou) het seisoen 1 met ernstige cliffhange­rs gelaat. Seisoen 2 word glo in Desember 2017 uitgesaai en volgens gerugte is daar ’n groter rol vir Southside Serpents se motorfiets­ryerbaas FP Jones (Skeet Ulrich). Die uitvoerend­e vervaardig­er, Sarah Schecter, sê: “Ons kon ons nie Riverdale sonder hom voorstel nie. Skeet is ’n sterakteur en ons het net aan die oppervlak geraak van wie FP is.” Mark Consuelos (Mateo Santos van die sepie All My Children, 1970-2011) kom in seisoen 2 by as Hiram Lodge, van wie net in seisoen 1 gepraat is. Batman-fans kan meer chaos in die stad verwag wanneer seisoen 3 van Gotham (2014-nou) tot ’n einde kom. Die Batman-voorreeks voeg die skurk Harley Quinn by, maar die vraag is wie die rol gaan speel wat beroemd gemaak is deur Margot Robbie in 2016 se aksiefliek Suicide Squad. Erin Richards, wat Barbara Kean sedert episode 1 speel, het geskimp ’n groot veranderin­g wag op die karakter, en bygevoeg: “Dit lyk of Harley Quinn van vernietigi­ng hou ter wille van vernietigi­ng. En dis wonderlik. Maar ek voel of Barbara ’n plan het. Sy’s meer intellek tueel in haar benadering om die onderwêrel­d oor te neem.” Die aksiereeks Taken (2016nou) het sy uitvoerend­e vervaardig­er gekry. Greg Plageman, wat die toutjies getrek het in die aksiereeks Person Of Interest (2011-2016), sal die leisels oorneem vir seisoen 2 wanneer die base hoop om meer kykers in Amerika te lok. Clive Standen sal sy rol as CIA-agent Bryan Mills later vanjaar hervat vir 16 episodes van ’n uur elk, meer as seisoen 1 se tien. Die tronk-dramedie Orange Is The New Black (2013-nou) het dalk reeds sy hoogtepunt bereik. Seisoen 4 is geloof as “die beste nog”, maar seisoen 5 (al 13 episodes was beskikbaar op 9 Junie) word gekritisee­r omdat dit “te stadig” is. Die seisoen dek drie dae in die Litchfield-tronk en kritici het gesê dis “pynlik” om daarna te kyk.

 ??  ?? Riverdale se Skeet Ulrich as FP Jones.
Riverdale se Skeet Ulrich as FP Jones.
 ??  ?? Wallace en sy hond, Gromit.
Wallace en sy hond, Gromit.
 ??  ?? Linsey Godfrey keer terug na Bold.
Linsey Godfrey keer terug na Bold.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa