TV Plus (Afrikaans)

Poplap-pragtig

Suidooster- kykers is gaande oor die nuwe bondeltjie liefde, Stella, in die sepie.

-

Wie is Bianca se oulike baba in Suidooster? Sy is te pragtig vir woorde. – EMSIE, SMS

Bianca (Simone Biscombe) se baba, Stella, is die dogtertjie van Christian Bennett, wat Harry Galant gespeel het en haar naam is Phoenix Isabella Bennett. “Phoenix is op 11 Januarie vanjaar gebore,” vertel Suidooster se publisitei­tsbeampte, Wilmer Müller. “Kykers het haar die eerste keer in Maart gesien en sy was gou ’n gunsteling op stel,” skerts Wilmer. Hy voeg by: “Omdat sy so klein is, word daar mooi na haar gekyk en mag sy net drie uur per dag op stel wees vir opnames. Gelukkig is ma Liezel Chambers altyd daar om te help wanneer die kameras ophou rol.” Christian Bennett het die sepie in Mei 2016 verlaat.

 ??  ?? Pa Christian Bennett, wat Harry Galant was in Suidooster. Phoenix Isabella Bennett.
Pa Christian Bennett, wat Harry Galant was in Suidooster. Phoenix Isabella Bennett.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa