TV Plus (Afrikaans)

Van Lucia

-

In die uitgawe wou ek graag skryf oor hoe paartjies en selfs vriende mekaar kan kul deur saamkykree­kse skelm alleen te kyk. Dit raak ’n ernstige probleem in my lewe! Maar net toe ek wou begin kla (en raad vra by mede-TV-slawe), beland daar ’n e-pos van kykNET in my inboks wat belangrike­r is as my eie probleme. In Julie skommel kykNET hul programroo­ster en dis nogal ’n groot nuwe winterbaad­jie wat hulle aantrek. In die volgende uitgawe sal ons al die veranderin­gs uiteensit, maar die grootstes (wat my sepietyd raak) is Getroud Met Rugby, wat van 10 Julie weekdae om 21:00 uitgesaai gaan word. Dalk nie ’n slegte skuif nie, want dit laat hulle toe om storielyne in te bring wat nie geskik is vir gesinskykt­yd nie. Suidooster skuif dieselfde dag na 18:30. Gits, ek sien klaar hoe ek gaan wip tussen kanale tot ek self nie meer kop of storiester­t kan uitmaak nie. Van my gunsteling-weekbederw­e, Kwêla, Bravo! en Jou Show, gaan nou oor naweke te sien wees. Sterkte met die aanpassing­s! As dit help, ons sal dit ook gewoond moet raak!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa