TV Plus (Afrikaans)

DIE LIEFDE BLOM

-

In werklikhei­d is die akteurs Markus en Kristen al sedert Januarie vanjaar amptelik ’n paartjie. Hul sosiale media is oorlaai met foto’s van mekaar. Die liefde het al einde 2016 begin blom, en Markus sê Kristen maak hom baie gelukkig. Hulle het besluit om nie hul verhouding geheim te probeer hou nie. “Dit sou op die een of ander manier uitgekom het, en toe besluit ons om self die nuus bekend te maak,” sê Kristen. “Dis mos baie gemakliker om ons liefde sonder vrees uit te leef,” voeg Markus by.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa