TV Plus (Afrikaans)

Dis alles verby

Blitz word ontvoer – en Lorette en Dolf word amptelik ’n paartjie.

-

Getroud Met Rugby Weekdae kykNET (*144) 18:30

Sy het bly ontken sy het weer gevoelens vir die filosofied­osent Dolf (Gustav Gerdener) ontwikkel. Maar dit word ál duideliker Lorette (Ilse-Lee van Niekerk) knyp die kat in die donker terwyl wyl sy nog in ’n verhouding met die Strydersru­gbyspeler Blitz ( Werner Coetser) is. En wanneer Blitz skielik van die toneel verdwyn – hy word op 21 Junie ontvoer – is daar niemand wat meer in Lorette en Dolf se pad staan nie.

SONDES UIT DIE VERLEDE

Blitz se lewe is in ’n warboel. Nie net maak sy meisie ogies vir haar eks nie, maar ’n paar slegte besluite uit sy verlede haal hom ook in.

“Hy word afgepers,” verduideli­k Werner. “Verlede jaar het Blitz ’n paar wedstryde vir die Stryders s beknoei toe hy deur die skurk Kallie [Ramey Short] afgepers is.” Nou het ’n ander skelm, Dirk (Neil Sharim), daarvan te hore gekom. Toe Blitz hom nie vir sy stilswye wil betaal nie, word ord hy op Woensdag 21 Junie ontvoer.

Die Stryders se hulpafrigt­er Fafa (Altus Theart) en hoofpompon­danseres Sasha (Anlia van Rensburg) is die enigste twee wat van Blitz se wedstrydkn­oeiery weet, en is al wat hom uit die penarie kan red. Een van Sasha se onderwêrel­dkontakte help op Vrydag 23 Junie om Blitz op te spoor, en teen Maandag 26 Junie onderneem hulle ’n reuse-reddingsto­g. So word die Dirk-gevaar geneutrali­seer. “Blitz word gelukkig nie beseer tydens die ontvoering nie,” vertel Werner. “Hy word net opgesluit en aangehou vir ’n losprys.”

’N BITTER PIL

Lorette en Dolf koer dalk lekker op die oomblik, maar op Dinsdag 27 Junie besef sy sy het nie heeltemal van Blitz vergeet nie. “Al is sy sterk aangetrokk­e tot Dolf vanweë sy filosofies­e uitkyk op die lewe, wil Lorette nie hê Blitz moet seerkry nie,” sê Ilse-Lee. To Tog het Lorette duidelik aanbe beweeg, en op Woensdag 28 J Junie brand daai vlammetjie t tussen haar en Dolf hoog – t tot haar kleinsus Chrissie (Meli lissa Willering) se ontstelten­is. Ma Maar die liefde is blind, en op Dond Donderdag 29 Junie sê Lorette Blitz finaal af. “Dis ’n bitter pil wat Blitz moet sluk,” verklap Werner.

VERLEDE KEER

Tommie het goeie vordering met sy aanlyn vlooimarkb­esigheid gemaak, Gideon was paniekbeva­nge oor sy belegging, en Maryke het haar swangerska­pvrese met Bibi gedeel.

21 – 23 JUNIE

Die Dirk-sage het ’n onverwagte nadraai, Koekie kom in opstand oor Maryke se planne met die baba, en Gideon se oplossing vir sy probleme veroorsaak groot kommer. Sasha se album sien uiteindeli­k die lig, Blitz is skoonveld, en Fafa en Sasha begin met ’n gekomplise­erde plan om Blitz te red. Schalk is nie gelukkig oor Blitz se afwesighei­d nie, en Virginia begin haar goed pak, wat Renate se lewe omvergooi.

26 – 30 JUNIE

Dis die dag van die reddingsto­g, en Fafa, Reitz en Sasha onderneem die gevaarlike opdrag. Gideon sukkel om die waarheid vir Nina weg te steek, Virginia se groot trekdag breek aan, en Blitz se ontvoering eis sy tol van Lorette. Iva ontnugter Schalk oor TJ se verjaardag­wense, en Lorette en Dolf besluit om hul verhouding bekend te maak, tot Chrissie se spyt. Gideon kry slegte nuus oor die Stryders se belegging, en Lorette moet ’n groot besluit neem. Schalk se vergaderin­g met die raad kan verreikend­e gevolge hê, en Gideon begin ’n silwer randjie sien.

3 – 4 JULIE

Die Stryders kry ’n nuwe spanbestuu­rder, maar sy vrou is nie ’n katjie wat jy sonder handskoene moet aanpak nie. Dolf maak ’n aanbod wat Lorette nie kan weier nie, en Denver wonder of mans en vroue net vriende kan wees.

 ??  ?? Sasha. Lorette is nog besorg oor Blitz, maar die liefde het gewyk. Blitz.
Sasha. Lorette is nog besorg oor Blitz, maar die liefde het gewyk. Blitz.
 ??  ?? Dolf.
Dolf.
 ??  ?? Fafa.
Fafa.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa