TV Plus (Afrikaans)

Liefdeswoe­linge

Karli soek antwoorde oor wat presies tussen Tertius en Eric aan die broei is.

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30

Dis aaklig as een van jou goeie vriende in jou slaai krap. En dis presies wat verpleegst­er Karli (Pascal Pienaar) middel Junie besef het toe sy haar kêrel, dokter Tertius (Reynhardt Hugo), in wat gelyk het na ’n passievoll­e omhelsing met dokter Eric Sadie (Stefan Vermaak) betrap. Sy begin alles oor Tertius bevraagtek­en, veral sy seksuele oriëntasie, en op Vrydag 23 Junie besef sy hulle, en veral sy, staan voor ’n groot besluit in hul verhouding.

OU VRIENDE

Toe Eric in Mei by Binneland begin locum, was hy deeglik bewus daarvan hy en Tertius sou kollegas wees.

“Eric was van universite­itsdae af smoorverli­ef op Tertius, maar Tertius het nie dieselfde gevoel nie,” vertel Stefan. “Eric het gedink dit gaan maklik wees om ná al die jare weer saam met Tertius te werk, want hulle is ’n goeie span. En nou het sy ou passie vir Tertius opgevlam.”

Daar is ’n dubbele verlies wat moontlik vir Karli voorlê – van haar kêrel maar ook van haar nuwe vriend, Eric, want dit gaan moeilik wees om hom te vergewe as hy Tertius afvry.

Op Woensdag 21 Junie gaan stort sy haar hart uit by haar ma, Jana (Brümilda van Rensburg), en vra raad.

TYD VIR ANTWOORDE SOEK

“Karli is beslis vir ’n ses geslaan,” sê Pascal. “Haar hele wêreld is omvergegoo­i, want sy het nooit gedink Eric sou ’n bedreiging wees vir haar verhouding nie. Haar ma is baie simpatiek, maar Jana kan die probleem nie vir Karli oplos nie. Dis nie haar verhouding nie, en sy het ook nie ondervindi­ng van so ’n situasie nie. Dis iets wat Karli self moet hanteer.”

Teen die einde van die episode op Woensdag 21 Junie konfrontee­r Karli vir Eric in Amoret. “Sy eis antwoorde. Sy wil presies weet wat voorheen gebeur het en wat nou aan die gang is tussen hom en Tertius,” sê Pascal.

Eric wil haar nie verder ontstel nie en probeer so eerlik moontlik met haar wees. “Hy sê hy en Tertius was eintlik besig om mekaar te lyf te gaan tydens ’n reuse-argument oor die vraag of Tertius dalk gevoelens vir hom het. En toe Karli op hulle afkom, het sy die verkeerde afleiding gemaak,” sê Stefan.

ALS VERBY?

Diep wantrouig konfrontee­r Karli eindelik vir Tertius op Donderdag 22 Junie. “Tertius verseker haar hy het geen gevoelens vir Eric nie,” sê Pascal. Maar die situasie laat haar dink oor ander probleme in hul verhouding.

“Tertius is ’n enkelpa en kom met baie bagasie. Karli is nog ’n jong bokkie en op ’n manier dwing hy haar om voor haar tyd groot te word. Sy moet nog pret hê,” verduideli­k Pascal.

Dié gedagtes maal deur Karli se kop, en op Vrydag 23 Junie neem sy uiteindeli­k ’n besluit oor of daar nog ’n toekoms vir haar en Tertius saam is. Ons wil ons geld daarop verwed Karli gaan Tertius die trekpas gee.

 ??  ?? Eric (links) en Tertius tydens ’n argument oor of Tertius nie dalk iets vir Eric voel nie.
Eric (links) en Tertius tydens ’n argument oor of Tertius nie dalk iets vir Eric voel nie.
 ??  ?? Karli weet nie of sy en Tertius meer by mekaar pas nie.
Karli weet nie of sy en Tertius meer by mekaar pas nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa