TV Plus (Afrikaans)

26 – 30 JUNIE

-

Bronwyn verduideli­k vir Lexi wat aan die gang is tussen haar en haar pa, Tim, Naomi trap Deon uit, want hy is oneerlik met haar, en Jana deel ontstellen­de nuus met At. Tim se tyd raak min met die polisie op sy spoor, Pippa sukkel met ’n dagmoeder vir Dian, en Okkie is onseker oor Ilse se voorstel. Steve konfrontee­r Bronwyn oor haar leuen, Pippa se eerste dag terug by die werk is aaklig, en Okkie probeer Deon perspektie­f gee. Justin besluit oor sy toekoms, Steve word in sy spreekkame­r aangeval, en Deon weet net hoe om Jana te manipuleer. Tertius konfrontee­r Pippa oor haar drankprobl­eem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa