TV Plus (Afrikaans)

Pappa-drama

Bianca se versteurde eks is terug en maak die wêreld vir haar warm.

-

Suidooster Maandae-Donderdae kykNET (*144) 18:00

As dit nie Bianca (Simone Biscombe) se twee ma’s – haar biologiese ma, Mymoena (Jill Levenberg), en aanneemma, Estelle (Elsabé Daneel) – is wat koppe stamp nie, is dit haar versteurde eks Derick (Greg Kriek) wat wil aanspraak maak op haar babadogter, Stella (Phoenix Isabella Bennett).

PRAAT DIT UIT

Derick is in ’n inrigting ná hy verlede jaar sy ma, Mathilda ( Tilla Diedede- ricks), vermoor het en amper Bianca ook. “Bianca het nie gedink sy sou weer van Derick hoor nie,” sê Simone. “Nou het hy uitgevind van Stella en dink dis sy dogter. Derick dring in ’n brief [wat Bianca op Woensdag 21 Junie ontvang] aan hy wil as Stella se pa erken word en wil met Bianca hieroor praat.”

Die hele affêre ontstel haar vreeslik, en teen Maandag 26 Junie is dit duidelik sy sukkel om alles te verwerk en met iemand oor die inhoud van die brief te praat. Sy skraap eers op Dinsdag 27 Junie moed bymekaar en praat met ma Mymoena en dié se man, AB (Cedwyn Joel), daaroor.

DIE PA HET REGTE

Die spanning loop hoog in die Samsodien-huis op Woensdag 28 Junie, veral wanneer Bianca uitvind as Derick die biologiese pa is, het hy toegangsre­gte tot Stella, al word hy van moord verdink.

AB probeer Bianca kalmeer en belowe hy sal haar en Stella teen Derick beskerm. “Maar AB weet nie wat hy gaan doen nie,” sê Cedwyn. “Hy kan Derick dreig, maar dit gaan nie help nie, dus is daar ’n goeie kans dat hy nie sy belofte sal kan nakom nie.”

DERICKDER TEEN STEFAN

De Derick stuur op Maandag 3 Ju Julie ’n vriendin om Bianca by h haar werkplek te intimideer, e en op Dinsdag 4 Julie oorreed M Mymoena haar om ’n vaderska skapstoets te laat doen.

Sy Sy’s huiwerig want daar’s twee moontlikhe­de, en albei kom met probleme. As dit nie Derick is nie, is Stefan (Gideon Lombard) Stella se pa. Stefan is Bianca se baas en getroud met haar beste vriendin, Michelle (Greta Pietersen). Dit het verlede jaar gelyk of hul huwelik op die rotse is toe Stefan en Bianca ’n nag van passie gedeel het en Stella is dalk die produk daarvan. As Bianca moes kies, sou dit Stefan wees, maar wat dan van die niksvermoe­dende Michelle? Ai tog.

 ??  ?? Bianca is vreesbevan­ge haar eks Derick gaan haar en Stella se lewe verwoes. Stefan kan Stella se biologiese pa wees.
Bianca is vreesbevan­ge haar eks Derick gaan haar en Stella se lewe verwoes. Stefan kan Stella se biologiese pa wees.
 ??  ?? Derick.
Derick.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa