TV Plus (Afrikaans)

26 – 29 JUNIE

-

Justin is desperaat op soek na inspirasie vir sy volgende treffer en verras Tim met ’n vreemde versoek. Zoe wend ’n poging aan met Wayde, maar Bridgette kom tussen hulle. Die Gerbers kry ’n oproep van die kliniek, Bianca sukkel om haar ontstellen­de nuus met iemand te deel, en Michelle en Stefan begin ’n surrogaat soek. Zoe besluit om Wayde nog ’n kans te gee, Ian vind dit vreemd dat Lee-Ann skielik ’n groot som geld beskikbaar het vir die leefstylse­ntrum se ontwikkeli­ng, en Justin kry ’n skok oor die liedjie wat hy geskryf het. AB verras Bianca met sy reaksie op Derick se eise, die Gerbers kry goeie nuus oor ’n moontlike surrogaat, en die Octobers kry slegte nuus oor hul sentrumpla­nne. AB is vasbeslote om Bianca met Derick te help, en Siya probeer Kim met haar probleem help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa