TV Plus (Afrikaans)

Waar of onwaar?

Thandi se gesinsband­e kry ’n knou wanneer sy iets uit haar gekwelde verlede onthul.

-

Broken Vows Weekdae e.tv (*194) 20:00

Daar word gesê die waarheid sal jou vrymaak. Maar dis definitief nie die geval vir Thandi (Jo-Anne Reyneke) nie, want wanneer sy met haar sak patats vorendag kom, skep dit net drama. Die Moswanes, wat Thandi as baba aangeneem het, voel gegrief ná sy onthul haar oudtronkvo­ëlpa, Ace (Sello Sebotsane), het haar as tiener verkrag. “Thandi is spyt sy het hulle vertel,” sê Jo-Anne. “Almal dink nou sy probeer die gesin vernietig.” Thandi konfrontee­r haar aanneemma, Gerty (Thembi Mtshali-Jones), op Woensdag 21 Junie omdat sy Thandi oorreed het om so lank stil te bly. “As Thandi gouer gepraat het, sou daar nie nou al die onenigheid wees nie,” sê Jo-Anne.

MOENIE DIT WAAG NIE

Terwyl Thandi op Donderdag 22 Junie vasbeslote is om Ace te ontmasker, is hy self op ’n missie om haar te vernietig. “Ace is kwaad! Hy wil Thandi terugkry sodat hy weer sy gesinslewe kan geniet ná hy so lank in die tronk was,” sê JoAnne. Thandi se suster en bestie, Azania (Enhle Maphumulo), dink Thandi jok oor die verkragtin­g. Azania pro- beer verlore tyd met haar pa inhaal, en boonop het Ace haar gehelp om haar huwelikspr­obleme met haar pilverslaa­fde man, Chris (Emmanuel Castis), op te los. “Azania dink Thandi probeer dit alles van haar wegneem,” verduideli­k Jo-Anne, en voeg by op Dinsdag 27 Junie wil Azania niks meer met Thandi te doen hê nie. “Sy sê dinge wat seermaak vir Thandi. Dis ’n groot gemors en Thandi voel sy het haar spesiale band met Azania geruïneer.”

VERDEELDHE­ID EN DRYFKRAG

Die Moswanes is ’n verdeelde gesin op Donderdag 29 Junie, en Thandi se aangenome broer en kêrel, Uhuru (Thapelo Mokwena), gebruik sy joernalisv­aardighede om haar verkragtin­gsklag te ondersoek. Thandi wonder of Uhuru nie haar weergawe glo nie, maar Jo-Anne sê: “Alles is nie verby vir hulle nie. Hulle is lief vir mekaar, maar Uhuru is in die middel vasgevang om sy pa te glo of sy meisie te ondersteun.” Uhuru se ondersteun­ing gee Thandi op Vrydag 30 Junie die dryfkrag om te bewys sy lieg nie, en dat Ace nie ’n veranderde man is ná sy jare in die tronk nie. “Sy wil Ace laat boet,” waarsku Jo-Anne. “En sy gaan nie ophou tot hy terug is waar hy hoort nie!”

 ??  ?? Thandi is op haar eie ná sy haar pa van verkragtin­g beskuldig. Gaan Ace laaste lag?
Thandi is op haar eie ná sy haar pa van verkragtin­g beskuldig. Gaan Ace laaste lag?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa