TV Plus (Afrikaans)

Nee vir ’n drietal

Fana draai briek aan in sy verhouding met Nolwazi, want Mazwi is steeds in die prentjie.

-

Generation­s – The Legacy Weekdae SABC1 (*191) 20:00

’n Mens kan nie alleen tango nie en die prokureur Fana (Mnqobi Duma) dink hy’s die enigste een op die dansvloer met sy aan-af-meisie Nolwazi (Thando Thabethe). Hy besef eers op Woensdag 21 Junie iets skort wanneer Nolwazi weier om saam met hom vir verhouding­sterapie te gaan, en “hy voel verwerp”, sê Mnqobi. “Fana kan nie verstaan hoekom sy nie tyd wil afneem by die werk om aandag te gee aan hul kwynende romanse nie.”

’N VEILIGE PLEK

Die volgende week, op Maandag 26 Junie, wil Nolwazi tog dinge met Fana uitwerk. Sy voel nog iets vir haar getroude eksverloof­de Mazwi (Musa Ngema), wat Fana se swaer is, maar weet “diep in haar hart” sy sal nooit eerste kom in Mazwi se lewe nie, verduideli­k Mnqobi. “Sy is op ’n veilige plek by Fana.” Fana is lief vir haar en neem haar dadelik terug, maar Fana weet ook “Nolwazi is tans nie op ’n goeie plek nie. En hy neem homself deels daarvoor kwalik,” vertel Mnqobi.

Nolwazi is in Maart vanjaar ontvoer en lewend begrawe deur Thabiso (Matli Mohapeloa). Fana was jare gelede Thabiso se prokureur, maar kon Thabiso nie uit die tronk hou nie. Die ontvoering van Nolwazi was Thabiso se wraakplan, en Mnqobi voeg by: “Nolwazi het nog nie van die trauma herstel nie. Fana wil nou daar wees om haar te ondersteun.”

Maar Nolwazi se inmengerig­e bestie Getty (Andisiwe Dweba) is nie oortuig daarvan Nolwazi is oor Mazwi nie, en op Woensdag 28 Junie waarsku sy Fana oor sy meisie wat saam met haar eksverloof­de werk. “Hoewel hy Nolwazi vertrou, kan Fana tog nie help om oor Getty se woorde na te dink nie, en op Donderdag 29 Junie besef hy Nolwazi wil eerder op kantoor wees as tuis saam met hom,” sê Mnqobi. “Sy jaloesie neem oor.”

BAKLEI VIR MY

Ná ’n openhartig­e gesprek los Fana Nolwazi op Maandag 3 Julie. “Hy wil hê sy moet vir hom baklei,” verduideli­k Mnqobi. “Sy moet sy hart terugwen, nes hy haar probeer terugwen het.” En dit lyk of sy omgekeerde sielkunde dalk gewerk het, want die volgende dag, op Dinsdag 4 Julie, kry Fana ’n uitnodigin­g vir ’n date by die Three Tower Hotel.

 ??  ?? Mazwi bly in Nolwazi se kop (en hart) spook. Fana wil die enigste man in Nolwazi se lewe wees, en hy sal alles uithaal om dit reg te kry.
Mazwi bly in Nolwazi se kop (en hart) spook. Fana wil die enigste man in Nolwazi se lewe wees, en hy sal alles uithaal om dit reg te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa