TV Plus (Afrikaans)

26 – 30 JUNIE

-

Jack beraam planne om sy konstruksi­eprojek van sy sakevyande Tau en Zitha terug te kry, en Sphe is gretig om die resultate van Smanga se bloedtoets­e in die hande te kry. Zach is in ’n hoek vasgekeer wanneer die polisie dreig om Namhla saam met hom aan die pen te laat ry, en Nandi is bekommerd wanneer sy opmerk hoe rusteloos Namhla geword het. Getty probeer Fana waarsku oor haar bestie Nolwazi se vriendskap met Mazwi, en Mrekza gaan uit sy pad om Cosmo en Nelisiwe se romanse te bederf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa