TV Plus (Afrikaans)

Man uit die hel

Nkunzi ontsnap uit die tronk en hou MaNgcobo gyselaar.

-

Rotte soek altyd ’n manier om uit die moeilikhei­d te kom, en die misdaadbaa­s Nkunzi (Masoja Msiza) is geen uitsonderi­ng nie. Hy beplan al sy ontsnappin­g uit die tronk sedert hy op Dinsdag 20 Junie in boeie weggelei is van sy amper-troue met MaNgcobo (Dawn Thandeka King). “Hy het geld nodig om sy borgtog te kan betaal,” vertel Masoja. “Die probleem is MaNgcobo wil niks meer met hom te doen hê nie!” Nkunzi probeer op Woensdag 21 Junie die boodskap by sy verloofde kry dat hy haar hulp nodig het, maar sy weier. “Nkunzi het die mooiste dag in haar lewe bederf,” sê Masoja. MaNgcobo is so woedend oor die verleenthe­id dat sy Nkunzi se dogter, Zekhethelo (Nyalleng Thibedi), op Donderdag 22 Junie uit die huis jaag met ’n boodskap vir Nkunzi: “Los my uit! Ek is klaar met jou!”

BLY WEG!

Nkunzi kontak MaNgcobo op Vrydag 23 Junie en smeek haar om sy dogter terug te neem, vertel Masoja. “Zekhe het nêrens anders om heen te gaan nie, en Nkunzi fluister in MaNgcobo se sim- patieke, moederlike oor, maar sy weier steeds!” Later die dag het MaNgcobo ’n waarskuwin­g vir haar seun, Mxolisi (Nay Maps). Hy is in April 2017 by Nkunzi se opblaas van kitsbanke ingesleep, en MaNgcobo sê hy moet sy meisie Zekhethelo los, want sy kan net so gevaarlik soos haar pa wees. “Mxolisi luister na MaNgcobo en is afsydig teenoor Zekhe. Wanneer Nkunzi dit hoor, is hy nog meer desperaat om te ontsnap en sy dogter te red,” vertel Masoja.

HALLO, LIEFIE

MaNgcobo beplan ’n partytjie om haar nuwe vryheid te vier, maar ’n gevaarlike verrassing wag op Dinsdag 27 Junie in haar huis wanneer sy van haar inkopietog tuiskom. “Nkunzi hoop hy kan dinge met haar regmaak,” verduideli­k Masoja. “Hy dink as hy haar gyselaar hou, sal hy haar liefde kan terugwen.” Haar verwerping irriteer hom, en Masoja sê kykers gaan ’n donkerder kant van sy karakter sien. “Nkunzi wil sy sin kry met MaNgcobo.” Masoja voeg by hy was emosioneel gedreineer ná die verfilming van die tonele, hoewel dit maklik vir hom was om in karakter te kom. “Maar Dawn was geskok! Ek moes ’n vreesaanja­ende woede wys . . . my oë was wild. Ek het ’n monster geword vir daai tonele,” sê Masoja.

 ??  ?? Nkunzi gebruik tawwe liefde om MaNgcobo terug te wen. “Ek was blind van woede in daai tonele,” sê Masoja.
Nkunzi gebruik tawwe liefde om MaNgcobo terug te wen. “Ek was blind van woede in daai tonele,” sê Masoja.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa