TV Plus (Afrikaans)

Mamma mia!

Die aan-af-paar Gabriel en Nikiwe deel dalk nog iets.

-

Hul verhouding het meer hoogte- en laagtepunt­e gehad as ’n tuimeltrei­nrit, en Nikiwe (Linda Sokhulu) het selfs begin Junie landuit gevlug sodat sy kon wegkom van Gabriel (Aubrey Poo) se beheer vraat maniere. Maar terwyl sy op Maandag 19 Junie oorsee was, het Nikiwe uitgevind hoewel hulle op verskillen­de vastelande is, het Gabriel steeds ’n houvas op haar – sy verwag sy kind!

NARE OF BLYE NUUS

Nikiwe was siek van bekommerni­s, maar kon tot dusver daarvan probeer vergeet (dit help om geld te hê om te kan rondrits). Noudat sy terug is in die land, moet Nikiwe die werklikhei­d aanvaar, en sy vertel Gabriel die waarheid op Woensdag 21 Junie. Nikiwe probeer self nog vrede maak met die swangerska­p, maar haar minnaar is heel ingenome, sê Aubrey. “Hy is desperaat om die verhouding met Nikiwe te laat uitwerk, en hy gryp na strooihalm­s. Hy het [die welgesteld­e sakevrou] Nikiwe in sy lewe nodig om sy sakedrome te bewaarheid, maar met al hul rusies was hy bang sy verlaat hom vir goed.” Aubrey voeg by Gabriel is baie bly oor die babanuus, want nou sal hy altyd ’n band met Nikiwe hê. “Sy sal altyd deel van sy lewe wees, en dis goed vir besigheid.” Maar terwyl Gabriel van oor tot oor glimlag, hoop en bid Nikiwe haar swangerska­ptoets was verkeerd.

NUWE HOOP

Nikiwe vertel haar sakevennoo­t-bestie Kgothalo (Katlego Danke) op Donder- dag 22 Junie sy wil nie Gabriel se kind hê nie. “Sy wil wegkom van Gabriel met al sy foute en skelmstrek­e,” verduideli­k Aubrey. “As sy die baba het, gaan Gabriel altyd deel van haar lewe wees, maar eintlik wil sy net van hom ontslae raak,” voeg Aubrey by.

Dit lyk of iemand na haar gebede luister, want Nikiwe doen nog ’n swangerska­ptoets op Vrydag 23 Junie en dis negatief. “Sy is verlig en baie dankbaar sy kan Gabriel nou finaal uit haar lewe kry,” sê Aubrey.

PLAN B

Wat Nikiwe nie besef nie, is dat dié wending Gabriel tot die uiterste kan dryf – hy sal alles in sy vermoë doen om te keer dat sy hom los. “Hy word obsessief oor haar,” verklap Aubrey.

Gabriel bekruip Nikiwe en hou vanaf Maandag 26 Junie elke beweging van haar dop – hy kyk met wie sy praat, soos die sakeman Benjamin (Arno Marais). Gabriel se jaloesie neem oor op Woensdag 28 Junie en hy dink Nikiwe het ’n affair met Ben. Aubrey sê “Gabriel verloor stadigaan sy varkies. Hy maak homself wys Benjamin is besig om Nikiwe by hom te steel. Hy moet seker maak Benjamin – en enige ander struikelbl­ok – is uit sy pad sodat hy sake met Nikiwe kan regstel, al is sy klaar met hom.”

Dit lyk of Gabriel ’n selfs donkerder, meer bose kant het as wat ons gedink het – en dis kommerwekk­end!

 ??  ?? Gabriel vind uit Nikiwe is nie swanger nie, en Benjamin aanskou die twee se rusie. Benjamin.
Gabriel vind uit Nikiwe is nie swanger nie, en Benjamin aanskou die twee se rusie. Benjamin.
 ??  ?? Nikiwe wil niks meer met Gabriel te doen hê nie.
Nikiwe wil niks meer met Gabriel te doen hê nie.
 ??  ?? Gabriel is kwaad wanneer Nikiwe hom los.
Gabriel is kwaad wanneer Nikiwe hom los.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa