21 – 23 JUNIE
Basetsana hoor die waarheid oor haar man Gatanga se verlede, en Ofentse slaan Barker wanneer Barker hom beledig. Lerato en haar ma, Nkadimeng, beplan Kamo se ooievaarstee, sonder dat hulle weet Nina beplan ook een. Nina wil dan hê Obakeng moet “dinge regmaak” met Kamo, wat in haar laaste weke van swangerskap by die Zamdela-familie intrek. Elders baklei Nikiwe en Gabriel oor ’n swangerskaptoets.