TV Plus (Afrikaans)

Onseker oor hoof

Azwindini het ’n nuwe vyand en ’n mens mors nie met homnie.

-

Die boeresakem­an Tendamudzi­mu (Nat Ramabulana) het groot planne vir Thathe en nie vir sy gewasse nie. Op Vrydag 23 Junie begin Tenda saadjies van twyfel in die dorpie saai – hy wil ontslae raak van die tradisione­le-hoofmanska­p stelsel en moedig almal aan om sy Hoofmanne Moet Val-petisie te ondersteun. “Daar gaan drama wees,” waarsku Gabriel Temudzani, wat Thathe se heerser, hoofman Azwindini, speel.

SLEGTE BEDOELINGS

“Azwindini en Tenda het ’n ongemaklik­e verhouding,” sê Gabriel. “Die storie is Azwindini se seun Mulondo (Ndamulelo Mbuwe) was een van ’n tweeling. Mulondo se tweelingbr­oer is by geboorte weggevat, want destyds is tweelinge beskou as taboe, ’n vloek en ontradisio­neel.” Die kind, Vhutshilo, is gestuur om in dieselfde dorpie waar Tenda woon, te gaan wegkruip of hy sou doodgemaak word. Azwindini het dit nie geweet nie tot onlangs, toe iemand in die dorp hom vertel sy “ander seun” [ Vhutshilo] is in Thathe.

Azwindini besef wat Tenda se plan is: Hy wou Vhutshilo van Thathe en sy familie wegneem met die belofte dat hy oorsee ’n sokkerster kan wees. Tenda se plan het nie uitgewerk nie en op Maandag 26 Junie is hy gereed met plan B. “Die hoofman hoor sy vyand het ’n petisie en hy gaan elke geheim en truuk inspan om die hoofman sleg te laat lyk by sy mense, sê Gabriel.

Die gouste manier om reputasies te ruïneer is skinder, wat in Thathe soos ’n veldbrand versprei. “Wag tot jy hoor wat Tenda als van die hoofman sê,” sê Gabriel. “Azwindini hou nie van hom nie en vertrou hom nie – en dit bewys hoekom !” Tenda hou’ n bekendstel­lings byeenkoms vir sy boerdery besigheid op Dinsdag 27 Junie, en hou hom afsydig wanneer Azwindini hier met hom wil praat. “Ja, ons het ’n bespreking gehad, maar dit het met ’n woordewiss­eling voor die gaste geëindig,” sê Gabriel. Dit lyk of Tenda se plan gewerk het – die mans is voorbladnu­us op Woensdag 28 Junie, wat die koninklike familie onder die vergrootgl­as plaas.

SINKENDE SKIP

Dit sou nie ’n aanval op Azwindini wees as sy vyand KK (Macdonald Ndou) nie betrokke was nie. Die sakeman reël ’n staking by die boumaatska­ppy MMC op Maandag 3 Julie, en Gabriel waarsku “KK en Tenda is saam betrokke. Dis ’n probleem vir Azwindini, want KK wil die hoofman net so graag weg hê as Tenda”. KK is nog woedend omdat Azwindini vroeër vanjaar nie grond aan hom wou verkoop nie. Maar soos Gabriel sê: “Die hoofman sal nie sonder ’n geveg oorgee nie!”

 ??  ?? Susan (bo) en Azwindini (regs) vind uit van hul tweelingse­un,
’n moontlike erfgenaam. Vhutshilo.
Susan (bo) en Azwindini (regs) vind uit van hul tweelingse­un, ’n moontlike erfgenaam. Vhutshilo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa