TV Plus (Afrikaans)

Jaloerse Kupido

Pretty steek Eunice in die rug en steel Nimrod se hart.

-

Die nare meisie Pretty Seakamela (Lerato Marabe) van Turfloop-hoërskool geniet haar gate uit om Kupido in die gange te speel, veral met haar skamerige vriendin Eunice (Oratile Maitisa). Pretty het haar pel vroeg in Junie oortuig om die “in-ou” Nimrod (Buhle Maseko) te leer ken en hulle het dadelik van mekaar gehou. Maar dis nou ’n probleem vir Pretty, wat verwag het haar vriendin sou met pap op die gesig sit. Pretty besef op Woensdag 21 Junie sy wil Nimrod hê nadat sy “sy sagte kant sien en hoe hy teenoor Eunice optree”, sê Lerato, en voeg by: “Pretty dink sy het meer gemeen met Nimza as Eunice. Sy besoek hom dieselfde dag en soen hom.” Pretty is jaloers op haar maat, maar sy gee nie om nie, sê Lerato. “Sy stel hul vriendskap in gevaar om die ou te kry.”

DIE SEUN IS MYNE

Pretty gee voor niks het gebeur nie wanneer sy Eunice op Vrydag 23 Junie by die skool raakloop. “Maar Eunice weet reeds van die soen. Sy vertel nie vir Pretty hoe sy daarvan uitgevind het nie, maar die meisies begin stry,” sê Lerato. Hulle is al sedert kleintyd beste maats en het nooit tevore baklei nie en die laaste ding wat enigeen sou verwag, is dat hulle oor ’n seun sou stry! Pretty voel verantwoor­delik vir die begin van Eunice en Nimrod se romanse en nou glo sy sy het die mag om dit te beëindig, sê Lerato. “Pretty wil nie eens na Eunice luister nie. Sy weier om sleg te voel omdat sy Nimza gesoen het, en sê vir Eunice dis nie haar skuld dat hy ook van haar hou nie,” sê Lerato. “Dis nie asof Eunice en Nimza amptelik uitgaan nie.”

VRIEND OF VYAND

Eunice verloor haar humeur, maar pleks dat sy haar vriendin ’n klap gee, gaan sy haar op Maandag 26 Junie terugkry. Sy vertel vir die mense Pretty het haar kêrel gesoen en tree terug terwyl die gerug ontwikkel. “Kort voor lank sê almal Pretty slaap by Nimza,” verduideli­k Lerato. Pretty vind dit op Dinsdag 27 Junie uit. “Pretty is nie ’n los meisie nie en wil nie hê mense moet oor haar jok nie,” verduideli­k Lerato. Sy kan nie eens vir Eunice vra om haar te help nie, en gaan dieselfde dag na Nimza. Hy stem in om haar te help om haar naam in ere te herstel, maar hy wil niks verder met haar te doen hê nie, en skimp sy behoort Eunice om verskoning te vra. Lerato sê: “Dis ’n groot vra, om te erken sy was verkeerd. Maar . . .”

 ??  ?? Pretty steel ’n soen by haar beste pel se ou. Eunice se hart is gebreek.
Pretty steel ’n soen by haar beste pel se ou. Eunice se hart is gebreek.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa