TV Plus (Afrikaans)

Kop is koning

Cuba en Blossom val oor hul voete vir wewenaar Kop.

-

Met sy taxibesigh­eid aan die gang is die wewenaar Kop (Setlhabi Taunyane) skielik die belangriks­te man in die dorp en veral twee vroue klop aan sy deur. Op Vrydag 23 Junie begin Kop se buurvrou Cuba (Magi Noninzi Williams) haar pad in sy hart en huis inwurm. “Cuba voel al ’n rukkie aangetrokk­e tot hom,” lag Setlhabi, “maar dis nou anders en sy gaan nie toelaat dat hy deur haar vingers glip nie.” Kop se vriende het haar weggejaag toe sy in Maart by hom opdaag, maar Cuba gee nie op nie.

LIEFDE OP DIE BREIN

Cuba kom nie alleen nie – sy bring op Dinsdag 27 Junie ondersteun­ing saam in die vorm van haar beste vriendin, Blossom (Slindile Nodangala). “Cuba oorreed haar om Kop se huis te help skoonmaak, vir hom te kook en selfs gedigte te skryf,” sê Setlhabi. Maar dan wonder Blossom hoekom sy haar pel moet help om ’n man te vang as sy Kop kan kry?

Blossom is nie soos Cuba nie – sy gaan Kop nie probeer verander en van hom Alexandra-township se hubaarste vrygesel maak nie. “Sy gaan hom laat wees wie hy is,” verduideli­k Setlhabi. “Onthou: Kop is ’n goeie mens. Hy gee om en Blossom sien dit raak en wil vir hom sorg.” Die vroue is versigtig om Kop se vrou, Mamokete (Connie Chiume), wat in April 2016 oorlede is, te vervang. “Hulle waag hul vriendskap oor Kop. Cuba sal enigiets doen om sy hart te wen, en Blossom ook,” sê Setlhabi.

OORLOGSPAD

Cuba bevraagtek­en Blossom se senuagtige gedrag by Kop op Woensdag 28 Junie, maar Blossom hou haar dom en ontken Cuba se aantygings. “Cuba is jaloers op die band tussen Blossom en Kop. Sy kan nie verwerping hanteer nie en raak gek wanneer sy besef sy kan Kop verloor,” sê Setlhabi. Cuba het Kop raadgegee oor sy sakebeslui­te, en sy dink sonder haar kennis sou hy nie wees waar hy is nie. “Maar sy’s te voorbarig vir Kop en gooi haar gewig rond,” sê Setlhabi. “Dis ’n nuwe fase in Kop se lewe en hy’s nie gewoond aan al die aandag van vroue nie. Die belangriks­te nou vir hom is hy wil dinge laat werk met sy niggie Renei,” sê Setlhabi.

 ??  ?? Cuba wil seker maak die groot vis kom nie weg nie. Heel bo: Blossom en Kop (bo).
Cuba wil seker maak die groot vis kom nie weg nie. Heel bo: Blossom en Kop (bo).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa