TV Plus (Afrikaans)

Bill die verraaier

Die opportunis­tiese Bill buit sy vrou Katie se vertroue uit.

-

Die uitgewerma­gnaat Bill (Don Diamont) se grootste begeerte is om te sien hoe Ridge Forrester (Thorsten Kaye) van sy troontjie tuimel. Die twee is al jare haaks, en volgens Bill is Ridge “niks meer nie as ’n opgehemeld­e kleremaker wat maak of hy ’n maatskappy-grootkop is”. En danksy Bill se klikbekvro­u Katie (Heather Tom) val ’n manier om Ridge by te kom op Dinsdag 27 Junie reg in Bill se skoot.

GAWE GEHEIM

“Jy is my man en ek wil nie dinge vir jou wegsteek nie,” sê Katie vir Bill voor sy uitblaker: “Ridge is nie Douglas [Abigail en Brielle Rivera] se biologiese pa nie.” Wie is dan? “Thomas [Pierson Fodé],” verklap Katie. En dis soos petrol op ’n vuur – Ridge se seun wat die pa van sy baba is, is voorbladnu­us. Bill gee nie eens om sy familie is betrokke nie – Ridge is getroud met Bill se niggie Caroline (Linsey Godfrey) – hy soek bloed!

ARME MAMMA

Katie besef wat sy gedoen het op Woensdag 28 Junie, maar daar is geen keer aan Bill nie, veral nie wanneer sy omgekrapte skoonsuste­r Brooke (Katherine Kelly Lang) inloer. Ridge druk haar seun Rick (Jacob Young) uit Forrester Creations en uit die land, kla sy. “Ek sê aanhoudend vir Ridge om met Rick te praat, maar hy doen dit nie. Hy sluit Rick net uit. Ek wil nie my seun verloor nie,” snik Brooke.

Bill sien sy kans raak om ’n vennoot in sy oorlog teen Ridge te kry. Dus vertel hy Brooke wat hy weet, en wanneer Katie op Donderdag 29 Junie instap, weet sy dadelik wat aangaan. “Ons het ’n vertroulik­e gesprek gehad waarin ek jou iets as my man vertel het,” skree Katie vir Bill. “En my suster Brooke weet alweer alles wat ons deel. Dis hoe jy my die seerste maak!”

DUBBELE GELUKKIE

Bill gaan twee vlieë met een klap slaan: Katie gryp bottels drank uit die kombuis op Donderdag 29 Junie en haar drinkery word weer ’n probleem. Bill sê op Maandag 3 Julie vir Brooke dit werk nie meer vir hom om saam met Katie te wees nie, en “dit doen haar ook nie goed nie”. Oeps – dit lyk of die Logansuste­rs mekaar weer in die hare gaan vlieg, want Bill voeg by: “Brooke, ek is lief vir jou.”

 ??  ?? Bill en Brooke skinder oor Ridge (inlas) se baba – en die tweemanska­p dryf Katie weer na drank.
Bill en Brooke skinder oor Ridge (inlas) se baba – en die tweemanska­p dryf Katie weer na drank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa