TV Plus (Afrikaans)

Gevaarlike spel

Lewens is op die spel wanneer Liam Jen en Nicole aanhou.

- Days Of Our Lives

Weekdae SABC3 (*193) 22:30

Liam (Mark Collier) het na ’n gawe ou gelyk tot Mei vanjaar, toe Jennifer (Melissa Reeves) hom gelos het om terug te gaan na dr. Daniel (Shawn Christian). Liam hanteer verwerping nie goed nie, en sy obsessie raak gevaarlik vanaf Maandag 26 Junie, wanneer hy ’n vuurwapen rondswaai.

DR. DAN EN DWELMS

Liam het Daniel middel Junie bedwelm om hom afgedank te kry, en het pilhouers geplant waar Jen dit op Dinsdag 20 Junie sou kry. Maar terwyl Jen Daniel sover probeer kry om te bieg, begin Nicole (Arianne Zucker) vermoed Liam is betrokke. Sy eksvrou, Debra (Alicia Leigh Willis), sê op Woensdag 21 Junie vir Nicole: “Ek wil niks met daai gek man te doen hê nie!” Nicole merk op Debra en Jen lyk soos susters, en Debra waarsku Nicole: “Glo my, met Liam het blondines beslis nie meer pret nie. Jou vriendin Jennifer behoort baie versigtig te wees vir hom.”

NAGMERRIE-EILAND

Omgekrap oor Daniel gaan Jennifer op Vrydag 26 Junie na die Horton-hut op Smith Island, onbewus daarvan dat Liam haar volg. Hy bars in op Maandag 26 Junie en sê vir haar: “Moenie my uitsluit nie, nie nou nie. Ek het al die pad gekom om jou te sien.” Jen probeer vlug wanneer hy uitvaar “Daniel is nie reg vir jou nie, ek is!”, maar Liam keer haar vas. En dis nog nie verby nie . . .

Nicole daag op Dinsdag 27 Junie op om te keer dat Liam onthul Nicole het bewyse versnipper oor priester Eric (Greg Vaughan) wat in Augustus 2016 deur Kristen (Eileen Davidson) bedwelm en verkrag is. Liam pluk ’n vuurwapen uit en hou hulle gyselaar, maar daar’s ’n stoeiery en Liam word katswink geslaan en die vroue vlug die woud in. Daniel en Eric daag op Woensdag 28 Junie op om hulle te red, maar Daniel word per ongeluk deur Nicole raakgeskie­t terwyl hulle met Liam baklei.

JAMMER . . . OF NIE

Terwyl Daniel bloeiend op die grond lê op Donderdag 29 Junie, sit Liam Jennifer en Nicole agterna. Maar hy struikel en val op ’n skerp boomtak wat hom deurboor. Sy laaste woorde aan Jen is: “Hoekom kon jy my nie liefhê nie?” Jen hou die sterwende Liam se hand vas en sê: “Ek is so jammer.” Maar vir Nicole is dit ’n bedekte seën – nou is haar geheim eers veilig. Altans, so hoop sy . . .

 ??  ?? Daniel is al een keer deur Liam aangeval. Die gek Liam hou Nicole (links) en Jennifer met ’n vuurwapen aan.
Daniel is al een keer deur Liam aangeval. Die gek Liam hou Nicole (links) en Jennifer met ’n vuurwapen aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa