TV Plus (Afrikaans)

26 – 30 JUNIE

-

Een van Siphokazi se ekse keer terug en gee sy liefdeslew­e ’n goeie inspuiting, en Mpiyakhe vertel Lethu wat sy bedoelings is. Mkabayi meng by Mpiyakhe se besigheid in, en Mehl’emamba en Fezile hoor hulle het ’n oog op dieselfde vrou. Sihle stel Khanyi en Samson voor ’n ultimatum en oorreed hulle om haar te help. Qaphela doen iets sonder sy pa se medewete en vind ’n nuwe sakevennoo­t, maar Qaphela se plan werk. Judas gaan dalk die welslae ignoreer en op sy seun se verraad fokus. Mpiyakhe is teleurgest­eld oor Lethu se antwoord, maar hy weier om op te gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa