TV Plus (Afrikaans)

TV-rol-proewe

Veertien aspirantak­teurs doen toneel vir toneel om vir The Final Cut aanvaar te word.

-

Om ’n deurbraak te maak in die toneelbedr­yf is geen maklike taak nie. Maar daar is dalk ietwat van ’n kortpad – die 13 episode lange realiteits­reeks The Final Cut (2017-nou). “Dit het begin as ’n gewone talentsoek­tog-voorleggin­g,” sê Lurdes Maswangany­e, Final Cut se kreatiewe vervaardig­er. “Later het dit ’n talentsoek­tog vir ’n sepie- of dramarol geword.”

Daar was geen gebrek aan deelnemers vir die oudisiefas­e wat in Mei verfilm is nie. Meer as 3 000 aspirant-akteurs het opgetree voor die beoordelaa­rs – Karin van der Laag (Maggie in Isidingo, 1998-nou, tot 2012), Mmabatho Montsho (Lumka Dhlomo in Generation­s, 1994-nou, van 2005 tot 2007) en die plaaslike fliekregis­seur Thabang Moleya (in die 2016-drama Happiness Is A FourLetter Word). “Die beoordelaa­rs moes 14 deelnemers vir die hoofprogra­m

kry,” sê Lurdes en verduideli­k meer . . .

Waarna soek die beoordelaa­rs? Veelsydigh­eid is belangrik. Die beoordelaa­rs moet ook seker maak die akteurs kan by enige situasie aanpas. Hulle hoef nie profession­ele te wees nie, maar hulle moet ruwe talent toon wat gevorm kan word. Waaruit het die oudisiefas­e bestaan? Die kandidate moes ’n monoloog van hul keuse voorberei, ’n draaiboek binne 15 minute leer en ’n geïmprovis­eerde stuk doen. Hoe het die drie beoordelaa­rs net 14 “suksesvoll­e” deelnemers gekies? Ek weet nie. Daar is soveel talent daarbuite, dis ongeloofli­k! Selfs nadat die 14 deelnemers gekies is, het die beoordelaa­rs teruggegaa­n na dié wat nie ingekom het nie om met hulle te praat en raad te gee vir hul toekoms.

Waar word die reeks geskiet? In ’n huis in Johannesbu­rg om vir kykers te wys hoe die interaksie onder die 14 akteurs daar is en hoe hulle onder druk vaar. Hulle sal werksessie­s hê, toneelspel­klasse en uitdagings kry. En vir die prys, weet jy in watter reekse die twee wenners sal speel? Nee [lag]. Dit hang af van watter karakters hulle die beste pas – dit kan ’n sepie of ’n drama op SABC3 wees.

 ??  ?? Van links: Mmabatho, Karin en Thabang.
Van links: Mmabatho, Karin en Thabang.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa