TV Plus (Afrikaans)

Kil moordenaar

Die 1940’s-reeksmoord­enaar John Christie se ysingwekke­nde dade word bekyk in die dramareeks Rillington Place.

-

“Dit was ’n uitdaging om John Christie te speel. Ek het nog nooit so iets aangepak nie,” erken Tim Roth (Cal Lightman in die dramareeks Lie To Me, 2009-2011). En sy rol as die reeksmoord­enaar in die drie episode lange dramareeks Rillington Place (2016) is nog meer ysingwekke­nd omdat dit regtig in die 1940’s in Londen gebeur het. “John het die publiek en die mense naaste aan hom mislei. Hy het ongestraf bly moor,” voeg Tim by. “Hy het sy mag [as ’n oorlogsvet­eraan] misbruik en is toegelaat om voort te gaan met sy dade. Die polisiewer­k was slordig. Hulle het soveel misgekyk.”

“ARME” OORLOGSVET­ERAAN

Tim sê die moeilikste was om in die kop te kom van die “Rillington Strangler” [John se bynaam oor sy moordmetod­e – om mense te verwurg of te vergas]. “Hy was ’n psigopaat. Ek ken die feite – ek is in 1961 gebore en dit was onlangse geskiedeni­s. Tot op ’n punt kan jy die lae wegstroop, maar jy kry nie tot sy kern deurgedrin­g nie.” Die regte John het in die Eerste Wêreldoorl­og geveg, maar is in ’n gasaanval beseer. Hy het drie jaar stom deurgebrin­g, en het beweer weens die harde ontploffin­gs en trauma kan hy nie harder as in ’n fluisterst­em praat nie – luister dus mooi wanneer Tim in die reeks praat!

 ??  ?? Die regte John Christie was glad nie so onskadelik as wat hy gelyk het nie.
Die regte John Christie was glad nie so onskadelik as wat hy gelyk het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa