TV Plus (Afrikaans)

AAN SY GENADE OORGELAAT

-

John se vrou, Ethel (Sam Morton, Naomi in die misdaaddra­ma The Last Panthers, 2015), raak met haar vervreemde man versoen en hulle trek by Rillington Place 10 in. Sy weet hy is geestelik onstabiel, maar besef nie hy’s ’n moordenaar nie tot dit te laat is. Die huurder Beryl Evans (Jodie Comer, Ivy in die minireeks Thirteen, 2016) word deur John vermoor. Haar man, Tim Evans (Nico Mirallegro, Joe in die periodedra­ma The Village, 2013-2014), bieg eers hy’t die swanger Beryl en hul dogtertjie vermoor, maar sê dan vir polisie John het hulle verwurg. Tog word Tim gearrestee­r. Sy “erkentenis” is glo deur die polisie vervals om die saak af te handel en hy is ná ’n omstrede verhoor gehang.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa