TV Plus (Afrikaans)

Doktersbes­oek

Die forensiese neuro-psigiater. dr. Eldon Chance gaan klippe kou oor ’n nuwe pasiënt in Chance.

-

Chance Seisoen 1 Dinsdae M-Net (*101) 23:55 (begin 27 Junie)

“Dit gaan oor ’n kwesbare karakter met goeie bedoelings,” sê Hugh Laurie (dr. Gregory House in die dramareeks House MD, 20042012) oor sy rol as dr. Eldon Chance in Chance (2016-nou). Chance is ’n forensiese neuro-psigiater wat ’n nuwe pasiënt wil help. “Hy word ongesond obsessief daaroor,” vertel die Britse akteur. “Chance besef nie voor dit te laat is nie hy is nou ingesuig by polisiekor­rupsie, fisieke en emosionele misbruik en baie gevaarlike mense.” Hugh voeg by: “Chance is nie ’n antiheld nie. Hy kan enigeen van ons wees. Hy maak net een tragiese fout ná die ander.”

VOLGENS DIE BOEK

Die reeks is gegrond op die 2014-roman Chance deur Kem Nunn, wat ook die reeksskepp­er is. “Ek wou hê hierdie ou [Eldon] moes deur sy beroep verpletter word en sy lewe moet uitrafel,” sê Kem. “Waaroor ek veral opgewonde is, is die talentvoll­e akteurs wat ons kon betrek en die gehalte- eindproduk.”

 ??  ?? Dr. Eldon Chance gaan veel groter moeilikhei­d teëkom as wat hy kon voorsien. DUBBEL-DOSIS Die base by die stroomdien­s Hulu het soveel vertroue in die program, hulle het dit ’n 2de seisoen van 20 episodes gegee nog voor een episode uitgesaai is.
Dr. Eldon Chance gaan veel groter moeilikhei­d teëkom as wat hy kon voorsien. DUBBEL-DOSIS Die base by die stroomdien­s Hulu het soveel vertroue in die program, hulle het dit ’n 2de seisoen van 20 episodes gegee nog voor een episode uitgesaai is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa