TV Plus (Afrikaans)

Hande in die lug!

Chicago PD se lede vang rowers en erger misdadiger­s in seisoen2.

-

Chicago PD Seisoen 2 Dinsdae e.tv (*194) 20:30 (begin 27 Junie)

“Dis wonderlik! Dis asof ons met elke draaiboek wat ons kry, ons karre rol, of daar is woeste aksie in die strate!” skree Jesse Lee Soffer wanneer seisoen 2 van die polisieree­ks Chicago PD (2014-nou) op gratis TV begin. Nie dat ’n paar knoppe en kneusplekk­e die selferkend­e adrenalien­slaaf Jesse of sy karakter, speurder Jay Halstead, wat ’n gewese weermag-ranger is, sal afskrik nie. “Daar is sommige van die persoonlik­e drama wat bykom,” voeg Jesse by. “Die fans hou van daai soort ding, die verhouding­s. En die seisoen hoop hulle daar sal meer as net ‘werk’ wees tussen Halstead en Lindsay [Sophia Bush]. . .”

AKSIE-AANTREKKIN­GSKRAG

1 Die intelligen­sie- eenheid se top-polisieman, Voight (Jason Beghe), word aan die begin van die seisoen deur Binnelands­e Sake na ’n moordenaar laat lyk. Die dooie ou het vir BS gewerk en Voight en sy span moes ver weg bly. 2 Halstead word in episode 2 (6 Jun.) in beskermde bewaring geplaas, maar hy sou eerder op straat wou wees om die ouens op te spoor wat hom probeer skiet het. 3 Episode 7 (11 Jul.) is ’n oorkruisep­isode met Law & Order: SVU (1999-nou) en Chicago Fire (2012-nou) wanneer die eenhede ’n pedofielka­rtel aankeer. 4Fans kry waarvoor hulle gevra het in episode 12 (15 Aug.) – Halstead is verlief op Lindsay, maar eers moet ’n dubbele moord opgelos word. 5 En Halstead het sy hande vol in episodes 18 en 22 (26 Sep. en 24 Okt.) wanneer sy broer vir hom lieg oor ’n besoek, en Lindsay drank en voorskrifp­ille begin misbruik.

 ??  ?? Sersant Voight (middel) en sy mede-polisieman­ne gaan besig wees die seisoen.
Sersant Voight (middel) en sy mede-polisieman­ne gaan besig wees die seisoen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa