TV Plus (Afrikaans)

Arrow

Seisoen 2 SACB3 (*193) 23:30 Sci-fi

-

Audrey Marie Anderson bewys om ’n tawwe gatskopper te wees beteken nie jy kan nie goed lyk en moet gebreekte naels hê nie. Die 42-jarige voormalige model speel Lyla Michaels in die sci-fi-aksiereeks Arrow (2012-nou), die direkteur van die geheime staatsagen­tskap ARGUS (Gevorderde Navorsings­groep Verenigde Ondersteun­ing). En soos haar karakter wat houe uitdeel, hou Audrey van haar privaathei­d . . .

1 Die Texas-boorling spot “my familie haat die kollig. Hulle wil glad nie hê ek moet oor hulle praat nie”. Sy wou nie eens sê of haar sus Nancy jonger of ouer as sy is nie. 2 In haar eerste rol was sy ’n enkele episode ’n polisievro­u in die drama Beverly Hills 90210 (1990-2000), heelwat minder glansryk as haar werk as ’n model vir Armani en GAP. 3En al verkies sy haar hare langer, sê Audrey dis haar kort hare wat haar haar loopbaan gegee het. Dit was eintlik korter – haar kêrel het haar hare vroeg in die 1990’s soos ’n seun s’n gesny en sy sê “die agentskapp­e het van my begin kennis neem toe ek soos ’n seun lyk”. [Lag.] 4 Audrey gee nie om om haar hande vuil te maak vir werk nie. Sy was Kim Brown in die aksiereeks met die VSA- militêre tema The Unit (20062009), en Lily in die gruwelreek­s The Walking Dead (2011-nou) in seisoen 2. 5 Al is Audrey op sosiale media (@aud_anderson op Twitter) erken sy sy is “superversi­gtig” om nie te veel inligting te gee nie. Fans sal foto’s van haar jong seun en dogter vind, maar nooit met hul gesigte herkenbaar nie. Haar verhouding­status is ook ’n raaisel, maar sy voeg by: “Ek weet my kinders is veilig terwyl ek werk.”

 ??  ?? Audrey’s hair was a lot shorter as a model.
Audrey’s hair was a lot shorter as a model.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa