TV Plus (Afrikaans)

eNuus

-

Daagliks kykNET (*144) 19:00 Nuus Diereliefh­ebber, modekoning­in, eNuusjoern­alis en -leser is dinge op Daniëlla van Heerden (31) se CV. Sy vier vanjaar haar sewende jaar by die nuusprogra­m en bestuur Mrs Bargainist­a, ’n suksesvoll­e Facebook-modeblad met meer as 12 000 aanhangers. Daniëlla vertel ons meer van haar liefde vir nuus en haar hondekinde­rs.

Watter nuusstorie het jou tot dusver vanjaar die meeste geprikkel? Die hele drama rondom die staatskapi­ng en Guptagate. Dis so ’n ingewikkel­de, ontwikkele­nde storie met verskillen­de rolspelers – dit voel soos die teks vir ’n televisied­rama. Jy is ook een van die ankers van eNuus. Kry jy nog vlinders in jou maag voor julle uitsaai? Elke keer! ’n Mens besef maar te goed dit is regstreeks, en jou foute is ook regstreeks! Dit maak nie saak hoe goed jy gister gelees het nie, vanaand loop alles dalk skeef. Watter moeilike woord se uitspraak moes jy behoorlik oefen voor jy dit op TV kon sê? Ek sukkel met vreemde name, veral ministers en staatsleie­rs van lande in Asië of die Midde-Ooste en selfs elders in Afrika. Dink maar aan Jaber Al-Mubarak Al-Hamad Al-Sabah, die eerste minister van Koeweit. Jou sosiale media-inskrywing­s is vol stories oor jul foksterrië­rs, en julle het onlangs een

verloor. Ons het twee hondjies gehad, Hilux, ’n tefie, en Cruiser, ’n reun. Iemand het ’n plastieksa­k met vergiftigd­e vleis deur ons hek gegooi. Ons kon Hilux nie red nie. Dit was traumaties.

Toe kry julle vir Dusty en FJ? Hulle is geselskap vir Cruiser – en ons. Hulle is twee jong sussies en hou ons lekker besig.

Gee ons ’n modewenk vir die winter. Jy kan jasse in neutrale kleure op verskeie maniere dra saam met serpe, musse en oorbelle in helder kleure en patrone.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa