TV Plus (Afrikaans)

Twin Peaks

Seisoen 3 M-Net (*101) 21:30 Sci-fi

-

Kyle MacLachlan is terug in sy gunsteling­rol: die FBI-agent Dale Cooper in die nuwe weergawe van die sci-fi-reeks Twin Peaks (1990-nou). “Ek’s gek oor hom,” sê die 56-jarige akteur. Maar al is hy die hoofspeler, beteken dit nie die reeksskepp­ers, David Lynch en Mark Frost, het iets aan hom verklap oor seisoen 3 se 18 episodes nie. “Nie een van die akteurs weet wat gaan gebeur nie. Ons vind uit soos ons dit verfilm!”

1 Kyle besit ’n wynmakery en die Pursued By Bear-wynetiket van die Dunham-kelder in Washington. 2 Hy’t selfs ’n wyn genoem na die bynaam van sy 9-jarige seun, Callum: “Baby Bear”. Hy’s in 2002 met die reklameage­nt Desirée Gruber getroud. Voor dit het Kyle van 1990 tot 1992 uitgegaan met Lara Flynn Boyle (Donna in Twin Peaks) en was van 1992 tot 1998 verloof aan die model Linda Evangelist­a. 3 Volgens gerugte het Lara Kyle se skermliefi­e Sherilyn Fenn (Audrey) gehaat, en sy’t daarop aangedring storielyne word herskryf om die twee karakters uitmekaar te hou. Blykbaar is Lara nie deel van die nuwe weergawe nie, want die base “het slegte herinnerin­ge om saam met haar te werk”. 4 Vroue, wyn en toneelspee­l is nie Kyle se enigste liefdes nie – hy’t sosialemed­ia-en YouTube-rekeninge vir sy twee honde, Sam en Mookie, geskep. 5 Hy skerts “sci-fi is my handelsmer­k” en sy enigste toekenning tot dusver was die Golden Globe in 1991 vir beste akteur in ’n TV-dramareeks (vir Twin Peaks). Tog blink Kyle ook uit in dramedies – hy was die skelm Orson Hodge in 86 episodes van Desperate Housewives (2004-2012).

Die reeks gaan vir ’n week asem skep vanweë ’n produksieb­reek.

 ??  ?? Lara Flynn Boyle het met Kyle uitgegaan terwyl hulle aan Twin Peaks gewerk het.
Lara Flynn Boyle het met Kyle uitgegaan terwyl hulle aan Twin Peaks gewerk het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa