TV Plus (Afrikaans)

Ray Donovan

Seisoen 2 e.tv (*194) 21:30 Drama

-

Wanneer Los Angeles se rykes en beroemdes probleme het wat moet “verdwyn” in die dramareeks Ray Donovan (2013-nou), is daar net een man wat hulle vertrou om die vuil werk te doen – die hardgebakt­e Ray (Liev Schreiber). Met seisoen 2 wat op 21 Junie op gratis TV begin het, het ons meer gaan uitvind oor die veelsydige Liev.

1 Die Emmy-benoemde akteur kom uit ’n kunssinnig­e gesin – sy pa is die verhoogakt­eur Tell Schreiber en sy ma die skilder Heather Schreiber. 2 Sy volle name is Isaac Liev Schreiber, maar sy ouers verskil oor waar sy noemnaam vandaan kom. Heather sê Liev is genoem na haar gunsteling­skrywer Leo Tolstoi (“Lev” in Russies), maar Tell beweer die naam kom van ’n dokter wat Heather se lewe gered het. 3 Die veelsydige 49-jarige akteur het al in van rillers (as Cotton Weary in Scream, 1996) tot aksie-sci-fi (as Sabretooth in die 2009-fliek X-Men Origins: Wolverine) gespeel. Hy werk tans aan die animasiefl­iek My Little Pony: The Movie, as die stem van The Storm King. “Maar ek sou heeldag Shakespear­e wou doen,” sê Liev. Hy is ’n toegewyde pa vir Alexan4 der (9) en Samuel (7), sy seuns by sy eks, die Australies­e aktrise Naomi Watts. Hulle was van 2005 tot 2016 saam en is nooit getroud nie, maar Liev het na haar verwys as “my vrou”. 5 Die fliekwêrel­d het die tienjarige Liev in 1977 betower toe hy Star Wars: Episode 4 – A New Hope kyk. Sy ma het hom voorheen belet om kleurTV en flieks te kyk. 6 Nes Ray hou Liev van boks. “Daar’s ’n primitiewe bevryding wat jy nêrens anders kry nie,” sê hy. • Lees meer op bl. 36.

 ??  ?? Liev Schreiber en sy eks, die aktrise Naomi Watts (inlas).
Liev Schreiber en sy eks, die aktrise Naomi Watts (inlas).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa