TV Plus (Afrikaans)

NCIS: Los Angeles

Seisoen 8 M-Net (*101) 19:30 & 20:30 Aksie

-

Daar’s dubbele kykplesier vanaand met twee episodes van NCIS: Los Angeles (2009-nou) op ’n ry! Dit beteken dubbele aksie vir speurder Marty Deeks (Eric Christian Olsen). Gelukkig speel Eric nie weer ’n lawwe hoërskools­portheld nie, soos in die 2001-spotfliek Not Another Teen Movie. Deeks is die skakelpers­oon vir die NCIS-span met die LA-polisieeen­hede, en ons het self bietjie speurwerk oor Eric gaan doen . . .

1 Die 40-jarige akteur is nie familie van die Olsen-tweeling Mary Kate en Ashley van Full House-faam (19871995) nie. “Maar ek het soms voorgegee hulle is my niggies,” lag Eric. 2 Sy ouer broer, David, is wel bedrywig in die TV-bedryf – David doen Eric se waagtoertj­ies in NCIS: LA. 3 Eric was die top-yshokkiesp­eler in die Bettendorf-hoërskool in Iowa, maar, anders as baie sportouens, “het ek ook verstand gehad”, skerts hy. Eric het Chinees en Japannees leer praat en by die skoolkoera­nt gewerk. 4 Hoewel hy voorheen mediese studente gespeel het, was Eric so oortuigend as ’n brandslago­ffer in die mediese drama ER (1994-2009) in ’n 1999-episode, hulle het oorweeg om hom vir hul Emmy-keuses in te skryf. 5 Hy het byna toneelspee­l gelos om ’n sjef te word. “Ek sou bedags na oudisies gaan en saans kookklasse bywoon. Danksy NCIS het ek nou net tyd vir een van die twee,” lag gy hy. 6 Vir sy gesin is daar ge- enoeg tyd: Eric is in 2012 getroud met Sarah Wright (Jane in die dramareeks 7th Heaven, 19962007), en hulle het ’n seun, Wyatt Oliver (4), en ’n dogter, Esmé Olivia (1).

 ??  ??
 ??  ?? Eric se vrou, Sarah.
Eric se vrou, Sarah.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa