TV Plus (Afrikaans)

Bosch

Seisoen 3 So. Universal (*117) 20:00 Herhaling Vr. Universal 21:40 Aksie

-

Arnold Vosloo se karakters is óf baddies óf hulle hou van gewere. In seisoen 3 van die aksiereeks Bosch (2014-nou) kombineer hy dit as Rafael Tafero, ’n oudpolisie­man wat in “privaat sekuriteit” werk. En hoewel die gebore SuidAfrika­ner al meer as 25 jaar in Amerika woon, erken hy: “Ek mis my huis.”

1 Hy het al in sy geboortela­nd begin toneelspee­l, met sy bekendste rol dié van die onbeholpe weermagtro­ep Boetie van Tonder in die 1984-satireflie­k Boetie Gaan Border Toe. 2 Die 54-jarige Arnold kry nie dikwels die kans om sy familie in Suid-Afrika te besoek nie, maar hy kon in 2016 besigheid en plesier meng, toe hy in die plaaslik verfilmde dramareeks Cape Town gespeel het – hy was die skurk Robin van Rees. 3 Arnold het byna kop uitgetrek uit sy deurbraakr­ol van die priester Imhotep in die aksie-fantasiefl­ieks The Mummy (1999) en The Mummy Returns (2001). “Ek is nie Mnr. Fiksheid nie, maar ek was reg. Toe wys hulle my my [lendekleed-] klerekas. Dit was die grootte van ’n posseël!” 4 Arnold het ’n ewe beroemde dubbelgang­er. “Mense vra dikwels: ‘Is jy daai ou van [die 1997-trefferfli­ek] Titanic?’ Dan knik ek net: ‘Ja, ek is Billy Zane.’” 5 Hoewel hy SA “huis” noem, is Arnold sedert 1988 ’n Amerikaans­e burger, toe hy met die VSA-aktrise Nancy Mulford getroud is. Hulle is in 1991 geskei en Arnold is sedert 1998 met die sakevrou Sylvia Ahi getroud. 6 Nes Imhotep het die akteur uit die dood herrys – soort van. In 2015 was daar ’n fop-e-pos dat Arnold in ’n motorongel­uk dood is. “Maar soos jy kan sien is ek springlewe­ndig,” sê hy.

 ??  ?? Arnold Vosloo en sy “dubbelgang­er”, die akteur Billy Zane (inlas).
Arnold Vosloo en sy “dubbelgang­er”, die akteur Billy Zane (inlas).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa