TV Plus (Afrikaans)

Pippa en die bottel

Pippa word vir dronkbestu­ur gevang en beland in ’n sel.

- Binnelande­rs

Die gevaarligt­e flikker vir assistentm­atrone Pippa Malherbe (Nadia Valvekens). Op Dinsdag 4 Julie moet Pippa ’n liefdadigh­eidsgeleen­theid van ’n vriendin bywoon, maar wanneer sy dieselfde aand huiswaarts keer, word sy vir bestuur onder die invloed van alkohol gevang. “Om alles te kroon moet sy ’n bloedtoets by Binneland se kliniek laat doen en Naomi (Je-ani Swiegelaar) is aan diens,” sê Nadia. Wanneer die uitslag wys sy het meer as die toegelate hoeveelhei­d alkohol in haar bloed, beland sy in ’n polisiesel. “Pippa voel verneder. So iets gebeur mos nie met ’n ma van ’n baba en ’n assistentm­atrone nie!”

BINNELAND-STEREO

Hoewel Naomi belowe sy sal nie ’n woord oor Pippa se dronkbestu­urdebakel rep nie, versprei die skindersto­rie vinnig. Voordat Pippa in die polisiesel toegesluit word, neem sy haar baba, Dian (Noah Geldenhuys), na die Ferreiras se huis sodat hulle na hom kan kyk. Maar toe kom die snip Karli (Pascal Pienaar) onverwags daar aan en kry snuf in die neus iets is nie pluis nie. Naomi is stomgeslaa­n wanneer Karli haar kort ná Pippa se arrestasie meedeel haar verloofde, Tertius (Reynardt Hugo), is al ’n rukkie bekommerd oor Pippa se drinkgewoo­ntes.

KOMMER EN ERKENNING

Pippa moet die oggend ná haar nagmerrie-ondervindi­ng by die Binnelandk­liniek rekenskap gee en vir At Koster (Hans Strydom) sowel as Conrad (Hykie Berg) verduideli­k hoekom sy die vorige aand in ’n sel geslaap het. Tertius konfrontee­r Pippa oor haar sogenaamde drankprobl­eem en Conrad dring daarop aan dat Pippa profession­ele hulp kry. “Natuurlik is Pippa in ontkenning. Sy het die afgelope tyd met moederskap gesukkel omdat Dian so aanmekaar gehuil het, en ’n glas wyn of twee saans het haar gehelp om haar daaglikse probleme te oorkom,” vertel Nadia. “Dit het ’n nare gewoonte geword en beteken nie sy is ’n alkoholis nie. Sy is ook glad nie ’n slegte ma nie,”

Op Donderdag 6 Julie kom sy tot besinning en bel haar pa, Dirk (Richard van der Westhuizen) en vertel hom alles. "Hy is gelukkig baie simpatiek.”

Pippa word nou met valkoë dopgehou om te sien of sy gaan briek aandraai en of sy profession­ele hulp gaan kry. Of gaan die eksieperfe­ksie Pippa steeds elke aand ’n glasie of twee geniet?

 ??  ?? Pippa drink saans graag ’n glasie of twee. Karli.
Pippa drink saans graag ’n glasie of twee. Karli.
 ??  ?? Tertius konfrontee­r Pippa oor haar drinkgewoo­ntes.
Tertius konfrontee­r Pippa oor haar drinkgewoo­ntes.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa