TV Plus (Afrikaans)

Een klip, twee sibbes

Mrekza wil sy eks Lucy en haar broer Cosmo vernietig.

- Generation­s – The Legacy

Om swaarde te kruis met die Dialefamil­ie is nie ’n goeie idee nie. Dis vir hulle niks snaaks om die wet te oortree nie, maar daarvoor skrik Mrekza (Kope Makgae) nie. Hy wil die restaurant­eienaar-broer en -suster Cosmo en Lucy (Ronnie Nyakale en Manaka Ranaka) terugkry nadat Cosmo Lucy oorreed het om haar “laeklaswer­knemer” Mrekza in April 2017 te los. En hy gaan Cosmo in eie munt terugbetaa­l op Woensdag 5 Julie.

MANIPULASI­E

Cosmo het middel Junie by Mrekza liefdesraa­d gevra en al het hy geweet Cosmo was die oorsaak dat Lucy hom gelos het, het Mrezka gehelp. “Cosmo wou weet hoe hy Nelisiwe (Palesa Nthlengeth­wa), wat by die Skaf tin-kitskoshoo­fkantoor werk, kon benader,” verduideli­k Kope. Cosmo se hart is op Woensdag 5 Julie gebreek toe “Nelisiwe vir hom sê dis oor. Hy het dit nie verwag nie,” sê Kope. “Mrekza wil hê Cosmo moet soos hy voel toe Lucy hom gelos het. Hy het Nelisiwe laat twyfel aan die soort man wat Cosmo is en sy plan het gewerk!”

Mrekza steek sy blydskap weg op Vrydag 7 Julie wanneer Cosmo met ’n lang gesig in sy restaurant rondloop. Die ou Cosmo het daarvan gehou om in die strate rond te hang en saam met sy skurke aan te jaag. “Maar Nelisiwe het ’n sagter kant in hom na vore gebring,” vertel Kope. Hy voeg by: “Mrekza voel nie skuldig oor wat hy aan Cosmo gedoen het nie.” Maar dis net fase een van sy plan. Volgende op sy lys is Lucy. “Hy gaan ’n meisie kry om restaurant toe te kom wanneer Lucy daar is op Maandag 10 Julie en seker maak sy sien hulle saam,” verduideli­k Kope.

GROEN VAN JALOESIE

Mrekza se plan werk soos ’n bom en hy kry nog ’n meisie om op Donderdag 13 Julie met hom te praat. Lucy “verloor dit”, sê Kope. “Lucy is rof en skree hy moet ophou om haar nie te respekteer nie.” Maar Lucy is nie iemand vir gevoelens in die tradisione­le sin nie, verduideli­k Kope. “Haar skreeuery beteken eintlik ‘Veg vir my! Moenie aanbeweeg nie!’ Lucy weet nie wat om te doen nie.” Maar as sy nou so kwaad is, wag totdat sy uitvind Mrekza het dit alles beplan.

 ??  ?? Xxxx Xxxx
Xxxx Xxxx

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa