TV Plus (Afrikaans)

’n Wag voor die mond

Mokgadi en haar skoonouers is die keer in dieselfde span – om haar jokkende ma te dwing om te praat en haar seun te vind.

-

Daar is nooit ’n tekort aan spanning in die Maputla-huis nie, maar die keer heers die spanning nie tussen Mokgadi (Pebetsi Matlaila) en haar inmengerig­e skoonma, Meikie (Harriet Manamela), nie. Op Woensdag 5 Julie sit hulle hul verskille eenkant om Mokgadi se ma, Mary (Motshabi Tyelele), uit te vra, want sy raak senuagtig elke keer wanneer Mokgadi haar uitvra oor die seun wat sy as tienerma laat aanneem het. “Dit dryf die familie teen die mure uit. Mary gee nie die antwoorde wat Mokgadi soek nie,” sê Pebetsi. “Sy dink Mary steek inligting weg. Mokgadi is te naby om haar geveg nou prys te gee en sy sal haar seun opspoor – al beteken dit sonder haar ma, maar saam met haar skoonma.”

EK SIEN DEUR JOU

Mokgadi het genoeg gehad op Vrydag 7 Julie, verduideli­k Pebetsi. “Sy is moeg vir Mary se speletjies en skree Mary moet ophou maak of sy die slagoffer is.” Mokgadi neem haar ma kwalik dat sy Mokgadi gedwing het om haar seun prys te gee, en “sy wil hê Mary moet haar fout erken. Mokgadi het haar lewe opsy geskuif om haar seun te soek en sy het Mary se hulp nodig,” sê Pebetsi. Iets voel nie reg vir Mokgadi nie en Mary weier op Maandag 10 Julie om weer te help.

’N FAMILIE-AFFÊRE

Mokgadi se man, Leeto (Eric Macheru), en sy ouers, Meikie en John (Africa Tsoai), help op Woensdag 12 Julie, maar hul ingryping verander in ’n onder vraging. “Leeto en John wil hê daar moet vrede wees, maar hulle span saam teen Mary,” verduideli­k Pebetsi. “Hulle is moeg vir Mary se leuens en wil hê sy moet die waarheid vertel.” Maar Mary gaan nie lê sonder ’n geveg nie – sy stap sonder ’n woord uit. “Mokgadi voel die leemte. Sy is al 14 jaar van haar seun geskei en wil weet of hy leef en oukei is, waar hy ook al is, en Mary staan in die pad daarvan,” sê Pebetsi.

POLISIE TOE

Is Mary bereid om tronk toe te gaan vir haar geheim? Mokgadi lê op Vrydag 14 Julie ’n klag teen haar ma. Pebetsi sê: “Mokgadi wil hê die polisie moet haar ma ondersoek. Sy dink hulle is die enigstes wat haar kan bangmaak.” Meikie ontmoet Mary op Dinsdag 18 Julie in die geheim om inligting te kry, maar Pebetsi sê: “Meikie wil Mokgadi net help omdat die soektog sy tol eis op haar seun se huwelik, dis al.”

 ??  ?? Mokgadi (links) wil oorleun en haar jokkende ma, Mary, ’n klap gee. Die inmengerig­e Meikie raak ook betrokke.
Mokgadi (links) wil oorleun en haar jokkende ma, Mary, ’n klap gee. Die inmengerig­e Meikie raak ook betrokke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa