TV Plus (Afrikaans)

Partytjiet­yd!

Sterftes, onverwagte troues en drama – Rhythm City vier 10 jaar met ’n verjaardag­storielyn-bonanza!

- Rhythm City

Soos enige goeie sepie het Rhythm City sy karakters opdraande gegee. Fans se gunsteling­e soos Suffo (Mduduzi Mabaso) het ’n lewe van misdaad verruil om trotse pa’s te word, en aangename karakters soos Naomi (Motshidi Motshegwa) het agter tralies beland. Hier is van ons verstommen­dste oomblikke van Rhythm City se dekade van sepiedrama . . .

10 In 2007 was daar ’n raaiselagt­ige moord toe die gospelsang­er Sam ( Wandile Molebatsi) die musiekkrag­paartjie Lucilla en Miles (KB Motsilanya­ne en Peter Sephuma) gedreig het hy, Sam, gaan sy affair met Lu onthul. 9 Stone (Zenzo Ngqobe) het sy geliefdes verstom deur sy bruid, Charlotte (Nozipho Nkelemba), voor die kansel te los vir sy pel Thula ( Wright Ngubeni) in Januarie 2009. 8 Niki (Nolo Phiri) se leuens het haar in Maart 2011 op die sypaadjie laat beland toe Miles uitvind sy is nie sy langverlor­e dogter nie en het net in sy geld belanggest­el. 7 Naomi was nie so nederig in haar soeke na liefde in Junie 2013 nie: sy het Lucilla gyselaar gehou, Miles se huwelik vernietig en sy trotse besitting gevat: sy platemaats­kappy. 6 Emmanuel (Nkosi Cengani) se slegte gedrag het ’n nuwe laagtepunt bereik toe hy in April 2015 verslaaf raak aan die straatdwel­m nyaope, en byna sy familie vernietig het. 5 Suffo het ’n vroueoorlo­g in Augustus 2015 gevoer toe hy sy vrou, Niki, vertel het hy gaan ook met Puleng (Tebogo Khalo) trou. 4 Mamokete (Connie Chiume) is in April 2016 deur Gadifele (Ferry Jele) doodgeskie­t toe sy ’n speelding vir Gadifele se niggie, wat by die Khuses gebly het, wou kry. 3 Bongi (Thembi Seete), Doc (Dumisani Mbebe) se verloofde, het hom in November 2016 vermoor – hy het geval en sy kop gestamp toe Bongi wou keer dat Doc sy minnares Lerato (Samu Ndlovu) verwurg. 2 Suffocate was op pad om weer ’n rampokker te word in November 2016 nadat hy hoor sy broer Themba (Sphamandla Dhludhlu) het by albei sy vroue geslaap. 1 En die topskok was in Junie 2017: die skurk David (Jamie Barlett) het nie net gehoor hy het ’n dogter, Pearl (Petronella Tshuma), nie – hy het ook byna by haar geslaap!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa