TV Plus (Afrikaans)

Dood & skeiding

Chris en Azania se reeds wankelrige huwelik word uitmekaarg­eskud deur hul baba se dood en rassewrywi­ng.

- Broken Vows

Die afgetrede sokkerster Chris Myburgh (Emmanuel Castis) het sy pynpilvers­lawing in Mei vanjaar laat vaar toe Azania (Enhle Maphumulo) hom voor ’n ultimatum gestel het: pille of hul huwelik en kind. Chris het sy vrou en kind gekies, maar baba Ofentse is vroeg in Junie met ’n mediese probleem gebore en het ondanks “lewensredd­ende” chirurgie nie die maand oorleef nie. “Chris is gebroke,” verduideli­k Emmanuel. “Hy het gedink hy sou sy gelukkige gesin saam met Azania en hul baba hê.” Hy kan oor twee weke sonder ’n vrou sit – die egpaar se ouers het op Woensdag 5 Julie die begrafnisr­eëlings oorgeneem, maar dit gaan nie net oor Ofentse se dood nie . . .

TOUTREKKER­Y

Chris en Azania word op die agtergrond geskuif terwyl hul families se vete handuit ruk op Donderdag 6 Julie. Die Myburghs het nooit van die Moswanes gehou nie en het nie die idee van Chris in ’n gemengde huwelik goedgekeur nie. “Hy en Azania kan nie die bakleiery verduur nie,” sê Emmanuel. “Hulle probeer hul verlies verwerk en wat nou gebeur, is oorweldige­nd.” Maar, voeg Emmanuel by: “Vir die eerste keer is sy familie daar om hom te troos in sy tyd van nood,” op Vrydag 7 Julie toe die treurende ouers hul baba begrawe. “Chris en Azania is verpletter. Hulle het gedink hulle sou meer tyd hê om by Ofentse te wees en nou moet hulle afskeid neem,” sê die akteur.

LIG VERFLOU

Maar net omdat die begrafnis verby is, beteken dit nie die pyn verdwyn nie. Azania sukkel in stilte en vanaf Woensdag 10 Julie begin sy haar van Chris en haar familie isoleer. Emmanuel verduideli­k: “Chris wil daar wees vir sy vrou. Hulle het al voorheen probleme gehad, maar dis altyd opgelos.” Azania wil, ander as Chris, met haar lewe aangaan en op Maandag 17 Julie gaan sy terug werk toe om haar aandag af te lei. “Dis nie goed vir haar nie,” sê Emmanuel, “Azania het nie haar frustrasie­s verwerk nie” en dit kan tussen hulle kom.

FOPBABA

Die sepie het ’n pop pleks van ’n regte baba gebruik, “want dis net in ’n paar tonele, word nooit gesien nie en wanneer die kind sterf, is die storielyn klaar”, sê die publisitei­tsbeampte Belinda Mashashane.

 ??  ?? Chris.
Van links is Chris se ouers, Irene (Debra Deats) en Kobus (Anton Dekker), en Azania
(heel regs) se ma, Gertrude, en pa, Ace.
Chris. Van links is Chris se ouers, Irene (Debra Deats) en Kobus (Anton Dekker), en Azania (heel regs) se ma, Gertrude, en pa, Ace.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa