TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA

-

BOLD

Liam en Steffy raak stomend in die Forrester- uitvoerend­e hoof se kantoor, en Thomas wys Sally nuwe ontwerpe by Spectra. Ridge en Quinn vertel Eric en Wyatt van die skietery en hoe Katie nie aanvaar het sy is afgedank nie, en Eric wil self met Katie gesels. Quinn is bekommerd iemand wil haar uit die pad hê, en Ridge sê vir Quinn hul geheim is nog veilig. Thomas wil die Spectra-logo verbeter, en Brooke is tuis ná die wittebrood en loop Ridge raak. Quinn aanvaar die gevolge van haar dade, en die susters Maya en Nicole stry weer.

DAYS

Die Salemiete hoor meer van die eiland waarop hulle gestrand is, en Paul weet nie hoe siek hy is nie. JJ sê vir Sonny hulle sal Paul katswink moet slaan as hy buite beheer raak, en Chad en Gabi oorweeg hul toekoms op die eiland en beland saam in die bed. Dario probeer Abby ompraat om van Chad te skei sodat hy met Abby kan trou, en Chloe probeer Nicole met haar hofsaak help. Brady wil hê Nicole moet Eric soen en met hom opmaak, en Abe en Hope kry Claire en Theo se seksopname.

Y&R

Nikki bedank Noah omdat hy haar toegelaat het om The Undergroun­d-klub te gebruik om vir haar musiekvert­oning te repeteer, en Scott vertel Sharon hy oorweeg ’n barista-loopbaan, want hy het al koffie regoor die wêreld gemaak. Noah stap in terwyl Sharon en Scott soen, Billy en Phyllis bespreek hul verhouding, en Victoria weier om haar oorlog teen Juliet te staak. Jack maak Dina ’n aanbod wat hy hoop sy aanvaar, Neil is vreesbevan­ge sy familie is op die punt om ineen te stort, en Scott wil weet hoekom Victor skielik in die digitale bedryf belangstel. Devon het ’n waarskuwin­g vir Cane, en elders bring Michael slegte nuus.

 ??  ?? Katie het ’n vuurwapen, maar wie wil sy skiet?
Katie het ’n vuurwapen, maar wie wil sy skiet?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa