TV Plus (Afrikaans)

Groen kwessies

Van meerkatte, bobbejane, aardwolwe en olifante tot die San kom in die kollig.

- Groen: Namibië

Soos in die vorige twee seisoene wys Marlice en Rudie van Vuuren weer die belangrike werk wat hulle by Naankuse, hul rehabilita­siesentrum vir wilde diere buite Windhoek, doen. Maar in seisoen 3 word meer bewaringsp­rojekte in Namibië en SuidAfrika bekyk.

LEEUS EN RENOSTERS

Marlice vertel die hooffokus is steeds die bewaring van diere en landskappe. “Ek en my man, Rudie, kies gewoonlik die stories wat ons harte raak, soos die bewaring van leeus, olifante en renosters, maar ons kyk ook na die belangrike rol wat mense speel.”

Marlice en Rudie het die keer die grens oorgesteek en twee episodes in Suid-Afrika verfilm. In episode 5 word gekyk na leeus in die Wes-Kaap wat gejag sou word en na ’n reservaat naby Oudtshoorn verskuif word. Tot dusver was renosterst­ropery nie ’n groot probleem in Namibië nie, maar aanduiding­s is dit kan verander – in episode 13 besoek die paartjie ’n fasiliteit in Limpopo waar hulle touwys gemaak word oor wat dit alles in die toekoms sal verg om na renosterwe­sies op Naankuse om te sien. “Die episode was ’n hoogtepunt. Dit was ’n bittersoet gevoel en my kinders, Nicklai (6) en Zacheo (11), kon selfs ’n baba-renostertj­ie se geluide hoor.”

SAN EN ANDER DIERE

Die San bly ’n groot trekpleist­er vir Marlice en die kykers. “Dit was heerlik om my kinders weer saam te neem na Tsumkwe, waar ons nog ’n episode (episode 10) oor die San verfilm het. Die vorige keer was Nicklai ’n baba en Zacheo was die keer meer op sy gemak,” sê Marlice. “Zacheo speel speletjies en jag saam met hulle, en Nicklai, wat gewoonlik min San praat, het dit gemaklik gedoen.” Die episode was ’n groot uitdaging, want dit het gesous en die span was vier dae op Tsumkwe van die buitewêrel­d afgesny.

Marlice sê rooijakkal­se (episode 2) en aardwolwe (episode 1) was van die moeilikste diere om te verfilm. “Jy moet omtrent maande in die veld sit om die diere se natuurlike gedrag af te neem, en ons het net een oggend en middag gehad.”

 ??  ?? Marlice en Rudie van Vuuren met ’n bedwelmde jagluiperd.
Marlice en Rudie van Vuuren met ’n bedwelmde jagluiperd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa