TV Plus (Afrikaans)

Klas-aksie

Survivor: Worlds Apart deel die 18 volgens hul stand in.

- Survivor: Worlds Apart

Dis dertig seisoene later en Survivor (2000-nou) vind nuwe maniere om sake interessan­t te hou, soos om die stamme volgens sosiale klas in te deel. “Witboordji­es maak die reëls; blouboordj­ies volg die reëls; onverbonde­nes breek die reëls,” sê die aanbieder, Jeff Probst. “Dis die beste algehele groep wat ons al gehad het. D Daar sal wel ouens wees wat nie hul potensiaal bereik nie, m maar dis ’n sterk groep.” Jeff voeg by die witboordji­es “het uit hul pad gegaan om ons t te herinner hulle is nie net be bestuurder­s nie, hulle het ook blou blouboordj­ie-werketiek”. [Lag.]

MASAYA (WITBOORDJI­E)

1 MAX DAWSON (37), mediakonsu­ltant Eienskappe: “Uitgesprok­e, briljant en ’n baardman. Ek’s ’n natuurlike verkoopspe­rsoon en twyfel nie dat ek suksesvol sal wees nie.” Verpes: Om te moet wag – dis dit. Jeff sê: Hy’s intelligen­t en het al ’n klas op varsity oor Survivor aangebied, maar as deelnemer is dit ’n ander storie. 2 CAROLYN RIVERA (52), korporatie­we bestuurder Eienskappe: Mededingen­d, atleties en het die vermoë om mense te beïnvloed. Verpes: Mense wat jok en goed wegsteek, want “ek kan nie gedagtes lees nie”. Jeff sê: As sy nie vroeg uitgestem word nie, kan sy die finale stamraad haal. Dis moeilik vir my om haar te peil . . . 3 TYLER FREDRICKSO­N (33), oudtalenta­gent-assistent en atleet Eienskappe: Manipulere­nd, en hy sê “ek sal bondgenote los om te wen”. Verpes: Tou- opgooiers en tjankbalie­s. Jeff sê: Tyler het alles. Hy was ’n NFLvoetbal­speler en het twee meestersgr­ade. Ek’s opgewonde oor sy deelname.

4 SHIRIN OSKOOI (31), digitale hoof Eienskappe: Mededingen­d, vasbeslote en “parmantig. Hoeveel ander kampioenfl­uiters ken jy?” Verpes: Tou-opgooiers en swape. Jeff sê: Sy’s skerp, maar sy gaan bloed sweet met die fisieke uitdagings. Tog dink ek sy kan haarself en die ander deelnemers verras. 5 JOAQUIN SOUBERBIEL­LE (27), bemarkings­direkteur

Eienskappe: Charismati­es, manipulere­nd en atleties. Verpes: Mense wat nie gesonde verstand het nie. Jeff sê: Joaquin se ego gaan mense van dag 1 af verkeerd opvryf. Hy is topfiks en kan oorheers in die uitdagings, maar daai ego gaan sy deelname kelder. 6 SO KIM (31), kleinhande­laankoper Eienskappe: Eerlik en aanpasbaar: “Ek het 30 geword, geskei, getrek en van werk verander.” Verpes: Om te verloor en ’n “prinses”houdinkie. Jeff sê: Ek is gaande oor So, maar sy’s te eerlik – mense hier hou nie daarvan nie.

 ??  ??
 ??  ?? Jeff Probst, aanbieder.
Jeff Probst, aanbieder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa