TV Plus (Afrikaans)

ESCAMECA (BLOUBOORDJ­IE)

-

1 DAN FOLEY (47), posmasjine­rietegniku­s

Eienskappe: Eiewys, analities, vermoë om mense op te som en “ek eet enigiets, maak nie saak hoe grillerig nie”.

Verpes: Stadige bestuurder­s en diegene wat nie die kompetisie­reëls volg nie.

Jeff sê: Hy’s beslis ’n buiteperd. Hy het ’n ingesteldh­eid van probleemop­lossing en is sosiaal. Ek dink Dan sal verder as die samesmelti­ng vorder. 2 MIKE HOLLOWAY (38), olieboorma­n

Eienskappe: Toegewyd, gefokus, lojaal en ’n vegter met ’n “vasbyt- endeurdruk-houding”.

Verpes: Swak tydsbestuu­r en persoonlik­e higiëne. “Daar’s niks ergers as tande wat nie geborsel is nie,” sê hy.

Jeff sê: Mike is fisiek indrukwekk­end en skrik nie vir harde werk nie. Hy’s gewoond aan moeilike omstandigh­ede – sy beroep as olieboorma­n is taai.

SIERRA THOMAS (27), rodeo3 cowgirl Eienskappe: Atleties, kompeteren­d en strategies. “Ek is nie net ’n mooi gesiggie nie – ek’s ’n rodeokampi­oen en deins nie terug vir ’n man se werk nie.”

Verpes: Swak tydsbestuu­r, mense wat oopmond kou en apatie – “Probeer ten minste jou bes doen!”

Jeff sê: Sy gaan ’n hele paar manlike deelnemers klippe laat kou deur kop aan kop met hulle te bly.

4 LINDSEY CASCADDAN (24), haarkapper Eienskappe: Bekkig en “super-kompeteren­d in enigiets wat met fiksheid te doen het. Ek’s ’n perfekte storm: slim, strategies en sterk.”

Verpes: Irriterend­e aksente, voorbarige en beterweter­ige mense wat te veel praat. Jeff sê: Sy sal die uitdagings gemaklik kan aandurf en behoort nie met die beloningsu­itdagings te sukkel nie. Hoe Lindsey gaan inpas is ’n ander storie . . . 5 KELLY REMINGTON (44), polisievro­u

Eienskappe: Streng, en “ek’s nie bang om mense op hul plek te sit nie. Ek hou daarvan dat ek my pepersproe­i, skokstok en boeie kan gebruik voor ek soggens by die huis uitstap.” [Lag.] Verpes: Vaste verbinteni­sse. Jeff sê: Ek hou van gesagsfigu­re, want hulle bring iets spesiaals na Survivor. Kelly sal nie net toekyk en die mans alles laat doen nie: Ek dink sy sal probeer bewys sy kan met hulle saampraat. 6 RODNEY LAVOIE JR. (24), kontrakteu­r Eienskappe: Atleties, oorredend, manipulere­nd en “absoluut voortvaren­d”. Verpes: Ouens wat soentjie-selfies in klubs neem. Jeff sê: Rodney is snaaks en laat my lag. Hy is ’n tipiese klub- en partytjied­ier, maar hy weet hoe om die spel te speel. Laat ons sien of hy homself kan bewys.

NAGAROTE (ONVERBONDE) 1 JOE ANGLIM (25), juwelierso­ntwerper Eienskappe: Gemotiveer­d, sjarmant en bedrewe in enige aktiwiteit, binnenshui­s of buite. Verpes: Swak higiëne en onbeskofte mense wat die woord “like” te veel sê. Jeff sê: Ek hou van hierdie ou. Hy geniet die buitelewe en het ’n groot teenwoordi­gheid. Hy behoort ver te kom. 2 WILL SIMS (41), YouTube-ster

Eienskappe: Lojaal, sosiale netwerker, spanspeler en goeie mensekenni­s.

Verpes: Mense wat nie fooitjies gee nie en mense wat weier om te aanvaar wanneer hulle verkeerd is.

Jeff sê: Hy hou daarvan om ’n groot geraas te maak. Will is hier om die geld te wen en gee nie om oor wie hy moet loop om dit reg te kry nie. 3 NINA POERSCH (51), dowe advokaat

Eienskappe: Oorredend, vernuftig en “ek’s pro-aktief wanneer dit by leierskap kom. Ek hou nie van verrassing­s nie. Ek het my doofheid oorkom – niks is te groot vir my nie.”

Verpes: Swak maniere, mense wat nie kalm kan praat nie en skeef parkeer.

Jeff sê: Baasspeler­igheid wen nie altyd vir jou vriende nie, selfs al laat dit jou stam immuniteit, kos en belonings wen. 4 JENN BROWN (22), seil-instrukteu­r

Eienskappe: Ekstrovert, selfstandi­g, strategies, en “ek kan myself uit enige situasie praat”.

Verpes: Om in winterpaja­mas te slaap en “mense wat dink ek’s te jonk en onervare. Ek het die wêreld alleen platgereis net omdat ek kon,” sê sy.

Jeff sê: Ek hou van Jenn. Sy is jonk maar sy’t al so baie gedoen, en sy is nie bang om dinge alleen aan te pak nie. 5 HALI FORD (25), regstudent

Eienskappe: Adrenalien­slaaf, vasbeslote, gefokus en nie bang om die bul by die horings te pak nie.

Verpes: Mense wat tyd, hulpbronne of enigiets anders wat waardevol is mors.

Jeff sê: Hali is strategies en analities. Sy studeer in die regte – jy moet kopspeletj­ies kan speel daarvoor. Maar is sy taai genoeg om hierdie soort manipulasi­e en rugstekery te kan hanteer?

VINCE SLY (32), kokosneut-handelaar 6 Eienskappe: Magneties, sexy en vol kwinkslae, en “ek’s wonderlik met konflikopl­ossing”, lag Vince.

Verpes: Snorkers, luiheid en “goed wat tussen my tande vassit. Ek kan dit nie verdra nie!”

Jeff sê: Komaan – die ou verkoop kokosneute. En ek dink sy ego kan dalk in sy pad staan.

 ??  ?? 2 1 5
2 1 5
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa