TV Plus (Afrikaans)

’n Deksel vir jou pot

Sandra Koekemoer en kie kan vir jou die perfekte pasmaat vind.

-

Elke pot kry sy deksel, het ons van kleins af gehoor. Maar wat as jy al alles probeer het om jou deksel te kry – van die hoekie vir eensames, tot vroueaande uit? Hier’s ’n nuwe moontlikhe­id: Roep die hulp in van die pasmaatken­ners Sandra Koekemoer (Franci Swanepoel) en kie van die afspraakwe­btuiste Elke Skewe Pot om te kyk of daar nie ’n deksel is wat jou besonderse afwerking perfek pas nie.

Dis presies wat die nuwe komedie behels en dit gaan ongewoon wees. Elke Skewe Pot is nie bang om stout te wees nie. En as jy ons nie glo nie, luister na Franci – “Elke Skewe Pot verskuif die grense van tradisione­le stroopsoet Afrikaanse komedie so ’n bietjie.” Want die dating-wêreld is immers allesbehal­we stroopsoet – vra maar net vir dié wat daaraan deelneem!

WAT KAN JY VERWAG?

In die reeks van 13 episodes soek vier vroue met uiteenlope­nde agtergrond­e na liefde, maar hul perfekte pasmaat ontwyk hulle. Moeg van afsprake en teleurstel­lings besluit hulle om hul eie afspraakwe­btuiste te begin.

Die 45-jarige Sandra is die eienaar van die webtuiste en sy is behoorlik ’n handvol. “Sy is baasspeler­ig oor haar personeel en manipuleer hulle. Sy is ’n dromer wat glo aan ware liefde – natuurlik teen ’n prys. En sy het al meer as een keer voor die kansel gedraai. Maar die liefde ontwyk haar steeds,” sê Franci.

ONTMOET DIE LIEFDESKEN­NERS Wilma de Bruin (Marisa Drummond):

Sy is Sandra se regterhand en ’n 38-jarige seksueel geïnhibeer­de perfeksion­is wat haar bes probeer om van die rak af te kom.

Lulu van Heerden (Carien Botha):

Die 25-jarige is ’n sekretares­se, privaat speurder en manne- eter. En selfs al is sy effens plomp het dit haar nog nooit gekeer om ’n man te probeer vang nie.

Anna Fourie (Carine Rous):

Sy is ’n 31-jarige blogger en die nuuste lid van die span. Haar werk is om die kliënte se profiele meer aanloklik te maak.

Benny Botha (Hannes Brümmer):

Hy is die hipsterkro­egman waar die vroue ná werk hul dors gaan les.

 ??  ?? Van links is Wilma, Lulu, Sandra en Anna. Hannes Brümmer.
Van links is Wilma, Lulu, Sandra en Anna. Hannes Brümmer.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa