TV Plus (Afrikaans)

OppieStoep

-

Seisoen 2 kykNET (*144) 18:00 Leefstyl

Die bobaas-storievert­ellers Andries Vermeulen en Pietman Geldenhuys is terug met ’n splinternu­we seisoen van OppieStoep – altesaam 39 episodes vol lekker lag en musiek. “Ons hou by die beproefde resep van die eerste seisoen, maar het die net wyer as die Wes-Kaap en Namakwalan­d gegooi om nuwe storievert­ellers bekend te stel,” sê Andries. “Hulle kom van onder meer die Kalahari, Suid-Kaap, Karoo en Noordwes-omgewing,” voeg Pietman by. OppieStoep 2 is weer voor ’n gehoor in die wynkelder van die Klein Parys-wynlandgoe­d in die Paarl opgeneem.

Die nuwe storievert­ellers is met behulp van OppieStoep se Facebookbl­ad asook aanbevelin­gs van ander mense opgespoor. “Ek en Pietman tree dwarsoor die land op en hoor gereeld van storievert­ellers wat ons kan inspan. Ons het weer oudisies gehou om die potensiële gaste te keur en net die beste stories te kry,” sê Andries. Bekende persoonlik­hede soos die akteur en klavierspe­ler Pedro Kruger, die Dowwe Dolla (alias Margit Meyer-Rödenbeck) en die storievert­eller Arno van Zyl gaan die lagspiere met hul kwinkslae prikkel. Die buikspreke­r Jannie de Bruyn en sy pop Tommy Thomson kom ook kuier.

Anders as sy voorganger­s, Spies en Plessié – Met Permissie (TV1, 1989-1996) en Maak ’n Las (SABC2, 1994-2003), sluit die ekstra vermaak nie boeremusie­k in nie, maar oorspronkl­ike akoestiese kontemporê­re musiek, vertel Andries. Die kitaarspel­er Schalk Joubert stel weer met elke episode ’n musikant voor, van die gebore Russiese akkordeons­peler Stanislav Angelov tot die klavierspe­ler Janine Neethling, wat saam met hom musiek maak. Pietman voeg by: “OppieStoep is net die regte medisyne om die naweek mee te begin.”

 ??  ?? Pietman Geldenhuys (links) en Andries Vermeulen.
Pietman Geldenhuys (links) en Andries Vermeulen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa