TV Plus (Afrikaans)

Chicago PD

-

Seisoen 2 e.tv (*194) 20:30 Aksie

Jason Beghe beveg misdaad aan twee fronte. Hy speel sers. Hank Voight, hoof van die intelligen­sie-eenheid, in die aksiereeks Chicago PD (2014-nou). En in die regte lewe lei hy ’n aanslag op die Sciëntolog­ie, sy eertydse geloof wat hy “’n kultus wat gevaarlik vir jou fisieke en geestelike welstand is” noem.

1 Die 57-jarige akteur het in 1994 by die Sciëntolog­ie betrokke geraak ná hy by sy drama-onderwyser meer daaroor gehoor het. Hy het in hul promosievi­deo’s verskyn en is ook opgelei as ’n ouditeur – ná hy meer as $1 miljoen (R13 m.) aan die kerk geskenk het. 2 Jason is in 2007 by die kerk weg toe sy vrou van sewe jaar, Angie Janu, hul eersteling verwag. “Ek wou die beste pa en man wees en het selfonders­oek gedoen,” sê hy. “Ek het besef die Sciëntolog­ie is nie reg vir my nie. Ek het die volgende dag ingestap en gesê: ‘Dis in almal se beste belang dat ons weë skei.’” Die egpaar woon in LA met hul twee jong seuns, Bear en Bix. 3 As kind was Jason se beste vriende by die gesiene New Yorkse Collegiate School For Boys David Duchovny (Fox Mulder in die sci-fi-reeks The X-Files, 1993-nou) en John F. Kennedy jr., die ontslape seun van wyle pres. JFK. Jason het byna nie by Chicago PD 4 betrokke geraak nie – of enigiets anders ná 1999. Weens ’n motorongel­uk was hy ’n maand lank in ’n koma met ’n gebreekte nek en ribbes. Ná die ongeluk moes die dokters 5 ook ’n pyp in sy keel sit. “Dit het my met ’n rasperstem gelaat,” vertel hy. “En dis een van Voight se sterk punte – wanneer hy praat, luister mense.” Hoewel hy in New York groot6 geword het, skree Jason vir die Chicago Cubs-bofbalspan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa