TV Plus (Afrikaans)

Game Of Thrones

’n Volskaalse oorlog gaan in die land Westeros losbars – die winter kom nader in seisoen 7 van Game Of Thrones!

-

“Absolute chaos is op pad,” verklap die spelers van die epiese fantasiere­eks Game Of Thrones (2011-nou). Die skepper David Benioff voeg by: “Ons praat al lank oor ‘die komende oorlog’. Daai oorlog is amper hier!” Fans het langer as ’n jaar vir die voorlaaste seisoen gewag, en dis nie eens die gewone 10 episodes nie. Daar sal 7 episodes wees (episodes 6 en 7 is elk langer as 70 minute), en Nikolaj CosterWald­au (Jaime Lannister) sê stories word nie uitgerek nie: “Dinge wat ’n seisoen sou duur om te vertel, gebeur nou binne ’n episode!” Wat lê voor vir die families wat om die ystertroon veg?

VUUR EN SWAEL

Die moeder van die drake,

Daenerys Targaryen (Emilia Clarke), is tot die tande toe gewapen! Haar sesdeseiso­en-ballingska­p is verby, en sy seil Westeros binne met haar leër van Unsullied-soldate en “drake die grootte van 747-stralers”, sê die regisseur, Matt Shakman. Emilia voeg by: “Die volgende konfrontas­ie laat seisoen 6 (2016) soos ’n teepartyji­e lyk!”

STERK STARKS Sansa Stark

1 (Sophie Turner) het haar gemene man Ramsay Bolton (Iwan Rheon) vir sy honde gevoer en die geslepe Petyr Baelish (Aiden Gillen) getroef. Elke man behalwe haar broers behoort in sy pasoppens te wees.

2 Bran (Isaac Hempstead Wright) het belangrike inligting ná sy buiteligga­amlike truuk in die seisoen 6-finaal (Junie 2016): sy broer Jon se regte naam. In Isaac se onderhoud met die tydskrif Empire word beweer Jon is “Jaehaerys Targaryen. Dit kan alles verander!”

3 Jon Snow (Kit Harington) is nie Ned Stark (Sean Bean) se buite- egtelike seun nie. Maar as hy Jaehaerys is – die prins wat beloof is – sal van Jon verwag word om die wêreld te red deur ’n vlammende swaard, Lightbring­er, te gebruik. Dit laat om uit die dood terug te keer in seisoen 6 maklik klink . . .

4 Arya (Maisie Williams) sal na verwagting haar vernuf as ’n Faceless Men Of Braavos-sluipmoord­enaar tot haar voordeel inspan. Sy soek vergelding van enigiemand wat haar familie te na gekom het, en die lys is lank.

LISTIGE LANNISTERS Koningin Cersei Lannister

(Lena Headey) gaan nie wyk van die troon nie ná seisoen 5 se Walk Of Atonement en koning Tommen (Dean-Charles Chapman), haar jongste seun, se selfdood in seisoen 6 nadat Cersei Kings Landing opgeblaas het. Lena waarsku: “Die koningin is klaar met speletjies!” Die koningmoor­denaar

Jaime Lannister (Nikolaj Coster-Waldau) was ’n swakkeling sedert hy in seisoen 3 (2013) sy swaardhand verloor het, maar hy en sy suster-minnares Cersei het verskille. “Hy sal dalk nie daartoe in staat wees om Cersei dood te maak ná als wat sy gedoen het nie,” sê Nikolaj. Hoewel Peter Dinklage niks verklap oor Tyrion se storielyn nie, seil hy saam met Daenerys na Westeros aan die sy van die moeder van die drake. Emilia skerts: “Ons moet Tyrion nog sonder sy klere sien . . .”

DIE DODELIKE SPEL

Karakters gaan links en regs sterf – en meer as gewoonlik, waarsku Sophie: “Nie almal van die huidige spelers gaan dit tot die einde maak nie!”nie!

 ??  ??
 ??  ?? Die drake is enorm – en ’n stewige raamwerk is vir Emilia Clarke gemaak waarop sy tydens verfilming sit (inlas).
Die drake is enorm – en ’n stewige raamwerk is vir Emilia Clarke gemaak waarop sy tydens verfilming sit (inlas).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa