TV Plus (Afrikaans)

Wie’s Jou Poppie?

Melinda Bam vat stereotipe­s deeglik vas.

- Wie’s Jou Poppie?

Met haar lang blonde hare en vietse lyf lyk die eertydse Mej. SA (2011) Melinda Bam (27) soos ’n ware prinses, maar in die nuwe realiteits­reeks, Wie’s Jou Poppie? (2017-nou), sien ons sy is allesbehal­we, wel, ’n poppie. In die 13 episodes pak sy elke keer ’n uitdaging saam met ’n ander bekende vrou aan, wat hulle uit hul gemaksone neem. Ons het Melinda ’n

paar vrae gevra:

Wat kan die kykers verwag? Ons bewys selfs vroue met die tipiese poppievoor­koms sal en kan enige taak aanpak. Ons trek ons hoëhakskoe­ne uit en spring by die diep kant in. Kykers kan ’n avontuur verwag wat hulle gaan laat lê van die lag, of krul van die gril.

Gee ons ’n voorsmaak – watter uitdaging

staan uit? In episode 2 (19 Julie) leer ek en die aktrise Angelique Gerber Potgieter (van Angelique & Jr., 2017) gemengde gevegskuns, en ons takel mekaar met bokshandsk­oene. Ek het die blou kolle om te bewys Angelique is ’n “poppie” wat ’n stewige hou kan plant.

Was daar ’n uitdaging wat vir jou makliker was as wat jy gedink het?

In episode 6 (16 Aug.) durf ek en die aktrise Zetske van Pletzen (Marcel in 7de Laan, 2011-2013) ons vrees vir hoogtes aan om te gaan valskermsp­ring. My hoogtevree­s is duidelik sigbaar, maar verbasend genoeg was dit een van die mees bevrydende dinge wat al ek in my lewe moes doen.

Watter uitdaging was vir jou moeilik? Varke vang! Die sangeres en aktrise Bianca le Grange help my in episode 12 (27 Sep.) om my varkies letterlik op hok te hou, want ek het hulle amper verloor die dag toe ek varkboer gespeel het.

Wat het jy geleer tydens die verfilming?

Ek het tyd saam met wonderlike vroue deurgebrin­g en hulle goed leer ken in dikwels angswekken­de toestande. Ek het ook geleer ’n mens is tot soveel meer in staat as wat jy dink – solank jy bereid is om iets met oorgawe aan te durf. Stereotipe­s kan ’n mens in ’n gemaksone plaas omdat jy weet daar sal nooit skrikwekke­nde dinge van jou verwag word nie. Maar die grootste vreugdes lê juis in die oomblikke waarin jy voel jy het dinge bo jou eie en ander mense se verwagting­e oorkom. Dit verg waagmoed om agter die maskers, skerms en vooropgest­elde idees mense te leer ken soos hulle werklik is. Ek het ook nuwe respek gekry vir beroepe met aspekte wat ons laat gril, soos dreine skoonmaak in episode 2 (19 Jul.), of in asblikke krap in episode 8 (30 Aug.).

Was daar enige flaters agter die skerms wat jou laat lag het?

Die varke vang het my amper gewen. Maar die beste van als is wanneer ons foute maak en gril, skrik, lag of huil, kan dit alles in die program gesien word.

 ??  ??
 ??  ?? Melinda Bam is die aanbieder van die nuwe realiteits­reeks Wie’s Jou Poppie?
Melinda Bam is die aanbieder van die nuwe realiteits­reeks Wie’s Jou Poppie?
 ??  ?? Melinda (regs) en die 7de Laan-aktrise Kristen Raath (Amorey) in episode 9 (6 Sep.).
Melinda (regs) en die 7de Laan-aktrise Kristen Raath (Amorey) in episode 9 (6 Sep.).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa