TV Plus (Afrikaans)

Verlore in die boendoe

Agt Laners word ná ’n vliegongel­uk vermis!

- 7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

’n Wegbreekna­week na ’n wildplaas in Mpumalanga saam jou beste pelle klink te wonderlik vir woorde. En dis presies waarna die jongklomp uitsien: Alexa (Carina Nel), Amorey (Kristen Raath), Diederik (Hennie Jacobs), Marko (Francois Lensley), Petro (Carla van der Merwe), Rickus (André Lotter), Suna (Anelle Bester) en Willem (Markus Haywood) is op Vrydag 7 Julie in Chris Welman (David Rees) se privaat vliegtuig op pad na die wildplaas. Maar hulle kom nooit daar uit nie, want die vliegtuig val . . .

TYD OM KOP TE HOU

Kykers sal moet kophou met die belangrike storielyn, want dit word op Maandag 10 Julie hervat waar dit op Vrydag 7 Julie geëindig het – dit beteken ons sien eers van Maandag af wat alles ná die vliegongel­uk gebeur.

“Dis absolute chaos,” vertel André oor wat kykers kan verwag. “Die vliegtuig is aan stukke en al die passasiers is beseer en lê versprei soos hulle uit die wrak geval het. En om dinge te vererger is Suna, wat die vlieënier was, en Marko skoonveld!”

Gelukkig is dr. Alexa by haar bewussyn, hou kop en begin dadelik kyk wie sy kan help. “Op daardie oomblik dink Alexa glad nie aan haarself nie en is vreesbevan­ge een van haar vriende kan aan hul beserings sterf as sy hulle nie betyds help nie,” sê Carina.

Later spoor Willem en Rickus vir Marko tussen die wrakstukke op en besef daar is groot fout met hom – hy kan glad nie beweeg nie . . .

ANGS EN SKULDGEVOE­LENS

In elke episode sien ons ’n bietjie meer wat gebeur en hoe almal tussen die rook en in trane veg om te oorleef. Suna word intussen gevind, maar is in ’n ernstige toestand – ’n tak het haar ribbes deurboor en dis moeilik om haar te beweeg. Rickus waak by haar en probeer haar so gemaklik moontlik maak. “Eintlik voel Rickus baie skuldig,” sê André. “Hy het per ongeluk een van die vliegtuig se knoppies gedruk toe hy Suna ’n piksoentji­e wou gee, en hy is bang dit het die ongeluk veroorsaak,” verklap André.

Petro, wat tot dusver tjoepstil was, kry skielik ’n angsaanval. Al kan Marko nie beweeg nie, praat hy rustig met haar tot sy tot bedaring kom, maar Marko besef sielkundig is daar groot fout met die blonde boetiekass­istent.

WIE GAAN OORLEEF?

Eers teen die einde van Dinsdag 11 Julie hoor Chris en sy vrou, Mariaan (Deirdre Wolhuter), by die polisie van die ongeluk en reël dadelik op Woensdag 12 Julie ’n reddingspo­ging. Die volgende dag, op Donderdag 13 Julie, is almal in Hillside in ’n toestand oor die klomp Laners wat vermis word en baie vrees die ergste. Gaan almal lewend uit die beproewing kom?

 ??  ?? Die vliegtuig val in die middel van nêrens.
Die vliegtuig val in die middel van nêrens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa