TV Plus (Afrikaans)

Slang in die gras

Lee-Ann vermoed onraad oor die skielike opkappings­planne vir die Suidooster-sentrum.

- Suidooster Ma.-Do. kykNET (*144) 18:00/18:30

Konflik tussen die Jacobs- en October-familie is niks nuuts nie, maar sedert die sakeman Ian October (Abduraghma­an Adams) begin Julie voorgestel het hulle knap die inkopiesen­trum op, is die messe uit. Die Jacobse besit die meeste aandele in die sentrum en wil die opknapping deurdruk, maar iets is nie pluis nie en dis nie lank nie voor iemand in die rug gesteek word.

ONMIN WORD GESAAI

Lee-Ann Jacobs (Portia Joel), die sentrum se bestuurder, voel van die begin af ongemaklik oor die opknapping­sprojek. “Haar sesde sintuig sê vir haar iets is nie reg nie,” sê Portia. “Omdat die opknapping Ian se idee was, is sy nog meer gekant daarteen want sy vertrou hom glad nie.”

Op Woensdag 5 Julie saai Lee-Ann onmin tussen die winkelhuur­ders AB (Cedwyn Joel) van Aalwyn-Apteek en Stefan (Gideon Lombard), mede-eienaar van die restaurant Oos-Wes. “Sy weet die opgraderin­g sal ongewild wees by die huurders, want dit sal beteken al die winkels se huur word verhoog en dit kan die einde van kleiner besighede beteken,” sê Portia. Die nuus van die winkelhuur­ders se ongelukkig­heid bereik Mrs J (Theresa Sedras), ’n stigtersli­d van die sentrum, se ore op Donderdag 6 Julie en sy twyfel of sy die kontrak moet teken. “Dis vir haar belangrik dat die huurders wat die sentrum al die jare ondersteun, deel van die nuwe sentrum sal wees. Hul lojaliteit beteken vir haar baie en sy wil nie hê iemand moet skade ly nie,” sê Theresa.

SKOKONTDEK­KING

Op Woensdag 12 Julie kom Lee-Ann op iets af wat die hele projek kan pootjie. “Dit het iets te doen met Suidooster­Eiendomme se trustgeld wat gebruik sal word vir die betaling van die opgraderin­gs,” is al wat Portia daaroor wil sê. En dan word iemand skielik gearrestee­r op Maandag 17 Julie! Kykers sal moet wag en sien wie agter tralies beland, maar dit was selfs vir ons ’n skok!

TYDSVERAND­ERING

“Ons is baie opgewonde oor die tydgleufve­rskuiwing van Suidooster wat saam met die groot skedulewis­seling van kykNET gekom het,” sê Wilmer Müller, publisitei­tsbeampte van die sepie. “18:30 is vir ons ’n perfekte tyd op kykNET en kykNET & kie.”

 ??  ?? Mrs J (regs) gesels met AB oor sy ongelukkig­heid oor die sentrum se opknapping. Ian is weer besig om te konkel.
Mrs J (regs) gesels met AB oor sy ongelukkig­heid oor die sentrum se opknapping. Ian is weer besig om te konkel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa